Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Nuwe jy

Deur Callie Vermeulen
Datum gepubliseer: 28 Junie 2018 Aantal woorde: 41 352 Kere gelees 2

ek wil jou seerkry uitgiet
uit jou gekraakte kruik
van brose vlees;
jou opnuut vorm op my pottebakkers-wiel,
met my hande, jou sagkens beeld –
wyl ek vorm ‘n nuwe kruik
en jou dan weer volgiet
van liefde en kompassie.

©callie 2015




TEMAS
4 Kommentaar
  1. Anze

    28 Junie 2018

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2018 – Poëtiese orde projek

    • Callie Vermeulen

      28 Junie 2018

      Baie dankie Anze… dit is my voorreg. Net ‘n vragie… ek merk ‘n brons stêr langs my foto; is dit reg? ek het dan nou net begin plaas?!

      • Anze

        29 Junie 2018

        Callie, die lede wat deelneem aan die maandelikse projekte word met sterre beloon. Kyk asb op die Tuis blad hoe die sterre werk

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 25
Kommentaar telling: 208

Het op skool alreeds begin skryf en 'n liefde vir tale gehad. Gedigte was deel van hierdie groeiperiode. Het toe 'n lang droogte tydperk beleef van etlike jare. Middel 2015 het ek weer die pen opgeneem en ernstiger begin skryf en dig en myself begin uitleef in rym en in woord.

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 111 gaste aanlyn

Bydrae Totale