Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: November, die nuwe September

Deur Gert
Datum gepubliseer: 30 November 2019 Aantal woorde: 131 49 Kere gelees Hou van

November die nuwe September

Soos n natgereënde hoender staan ek in die reën
November se druppels val op my soos n seën
Die warm wind maak dit beter
Ek voel die verskil, vir seker.

Soos n natgereënde hoender staan ek in die reën
My voete staan enkel diep in modder
My bak hande vang die druppels
En drink n bietjie, van die hemel water.

Soos n natgereënde hoender staan ek in die reën
Ek sien blomme se kleur lyk beter
voëltjies speël in `n plas water
Die bome stoot weer nuwe blare.

Soos n natgereënde hoender staan ek in die reën
Herken die natuur, se wonder werk
Die lewe is weer terug in die aarde
September, jou November laat lente!




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    2 Desember 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2019 projek – Laat-lente

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 2
Kommentaar telling: 0

Gebore n Vrystater in murg en been, in `n  klein dorpie genaamd Theunissen.  Wesselsbron was my lekkerste skool jaar, maar ons het baie rond getrek as gevolg van pa se werk. Ek het baie geskryf maar soos meeste mense, het ek dit weggesteek.  Getroud en geskei, het `n kleine dogtertjie, Lumé. Na paar jaar se alleen bly het ek weer my potlood gekry.  Ek het eers klein stukkies geskryf en so uitgebrei.  Nogsteeds hou ek die meeste net vir my. Nou raak ek oud en probeer weer, om my te vind….   

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 88 gaste aanlyn

Bydrae Totale