Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: November 2020 – Samesyn-projek: Kommentaar en uitslae

Deur Anze
Datum gepubliseer: 12 Januarie 2021 Aantal woorde: 761 185 Kere gelees 1

Baie geluk aan hierdie 8 lede!
Wenners
GEDIGTE

Goud:
1: No 14 – Anzé Bezuidenhout met Jy is die rooi van my Kannabos
2: No 21 – Caren Kearley met Mensmin
3: –

Silwer:
1: No 8 – Morné du Preez met Storms
2: No 17 – Andries Fourie (Seirdna) met Blinde avontuur
3: No 13 – Suzette Strydom (Palet) met Kort vertoef

Brons:
1: No 12 – Paula Paxton met Eenheid van ons
2: No 1 – Colin Steyn met Kersligkuier
3: No 5 – Driekie Grobler met Die kersboom van my hart

GORREL:
1: No 1 – Paula Paxton met Paaskersfees

RUBRIEKE:
1: No 2- Driekie Grobler met Die genot van ’n kykpartytjie

ARTIKELS:
1: GEEN WENNER

VERHALE:
1: GEEN INSKRYWINGS

KOMMENTAAR
Gedigte:
Brons:
1. Kersligkuier
Ek hou van die ritmiese aanbieding wat hierdie gedig bied. Jy het ‘n aktuele vers geskryf oor die uitdagings wat elke mens daagliks moet bemeester. Dit is slim en keurig. Let asseblief daarop dat jy nie lukraak hoofletters gebruik in jou verse nie. Hoofletters moet deur ‘n leesteken voorafgegaan word. Baie dankie vir jou deelname.

3. Siks
Die opdrag was duidelik: nie meer as 16 lyne nie. Ek kan jou vers nie evalueer nie.

5. Kersboom van my hart
Dit is ‘n heerlike nostalgiese vers. Ek het werklik geen kritiek hier te lewer nie.

10. Bloed kruip, water loop
Lieflike nostalgiese (en dankbare) vers. Let op spelling “geteël”

11. Seer
Ek hou van die vers se tipografie. Ek sou let op die herhaling van woorde waar jy baie funksioneel en suksesvol sinonieme kan gebruik.

12. Eenheid van ons
Dit is ‘n verruklike vers. Die konstruksie is pragtig en die progressie, wat ontsluit in die mooiste crescendo, is werklik onoortroffe. Baie goeie skryfwerk.

16. wat was en wat is
Die herhaling van “lewe” in die laaste sin neem ek aan dit is net ‘n vingerfout? Die inhoud van die vers is vir my persoonlike effe onsamehangend, maar miskien interpreteer ek dit verkeerd. Ek dink dit vers het egter baie meriete.

18. Mistig
Dit verg ‘n besonderse talent om ‘n goeie “kort”verst e skryf. Alhoewel die “silwerrand” metafoor vir my effe geyk is, dink ek tog dat jy ‘n goeie en leersame lewensles gepen het.

19. Rendezvous
Die inhoud van jou vers verwar my. Ek dink daar is potensiaal maar dit vra vir herbesinning.

22. Uitgeput
Spelling: “skouerpyn” moet dit so lees? “Sameskyn” of “samesyn” Indien dit so bedoel is het dit my verwar.

23. Vervulling
Dit is ‘n mooi vers. Dankie vir jou deelname.

24. Lied van ons saamwees
Jou Bybel moet besonder groot wees om ‘n sonneblom daarin te versteek. Ek neem aan dit is slegs ‘n metafoor. Lieflike samesynvers.

25. Skemerwense
Mooi vers. Let op geyktheid en aangedikte soetsappiggheid.

26. Wens
Jou vers bevat 17 lyne. Ek kan jou vers nie vir hierdie projek evalueer nie.

SILWER:

2. Maandans
Alhoewel ek dink jou vers(e) is pragtig, sukkel ek om die tema hierin raak te lees. Is ‘n maandans samesyn? Ek is nie oortuig nie.

4. Kom ons raak pikkewyne
Ek verstaan nie die pike wyn metafoor nie, maar dan, skryf jy nie sodat ek noodwendig moet verstaan nie, of hoe? Ek hou van die vers wat lig maar ook diep denkend is. Jy het die tema baie goed omskryf.

6. Haikoe – Desember
Dit is ‘n geslaagde haikoe. Kersfees is samesyn en daarom het jy die tema opdrag nagekom. Welgedaan.

7. Flenter-skerfies
Jou vers het 17 lyne. Ek kan nie jou vers vir hierdie projek evalueer nie.

8. Storms
Dit is ‘n ongelooflike slim en kragtige gedig. Welgedaan.

9. Langebaan
Het jy die tema opdrag uitgevoer? Ek is nie oortuig nie.

13. Kort vertoef
Pragtige vers. Ek het geen kritiek hier te lewer nie.

17. Blinde avontuur
Dit is ‘n lieflike vers. Ek dink tog die gedig kon baat by diee gebruik van funksionele en nodige leestekens.

GOUD:
14. Jy is die rooi van my kannabos
Dit is ‘n besonders sensuele vers wat beeldryk is. ‘n Werklik besonderse vers.

15. Verstengelde palet
Jou vers bevat 24 lyne. Ek kan nie die vers evalueer in hierdie projek nie.

20. Vat my na niemandsland
Jou vers bevat 21 lyne. Ek kan nie die vers evalueer in hierdie projek nie.

21. Mensmin
Mooi vers. Sensueel.

GORREL:
1. Paaskersfees
Die gorrel kan amper in die kortverhaal genre geplaas word, maar onder die afdeling mag ‘n skrywer enigiets inskryf. Welgedaan. Heerlike familieverhaal.

RUBRIEKE:

1. Gasvlam samesyn
‘n Rubriek is nie ‘n spasie waarin ‘n storie en/of dialoog voorgehou moet word nie. Dit buite rekening gelaat, weet die leser ook nie wie aan die dialoog deelneem nie. Ek is effe verward met die aanbieding.

2. Die genot van ‘n kykpartytjie
Pragtige rubriek. Heerlik hieraan gelees.

ARTIKELS:

1. Leef lig hierdie somer
Jou aanbieding is eerder ‘n gorrel of rubriek. ‘n Artikel moet feitlike, nagevorsde inligting bevat en nie ‘n persoonlike mening bespreek nie.

VERHALE:
Geen inskrywings




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 281
Kommentaar telling: 3134

Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 2 kleinseuns en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 83 gaste aanlyn

Bydraes – Argief