Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Nota aan ’n koel komkommer

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 18 Mei 2019 Aantal woorde: 53 236 Kere gelees 2

(goud)

Ek sien in my verbeelding
hoe glad jou woorde oor ’n skerm vloei
en wonder:
Sou jy – van aangesig tot aangesig –
ook so skroomloos en so vrylik
bloei?
Of sou jou woorde stadig kom –
oorweegd en selfbewus,
wetend dat jy (net soos ek)
bróós
en ook maar menslik is?

© Carma Shaw




TEMAS
4 Kommentaar
  1. Anze

    18 Mei 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2019 projek

  2. Margaret Cordier

    21 Mei 2019

    Altyd puik werk!

  3. Kiekies

    21 Mei 2019

    Ja vra ek ook?
    Sjoe jy seg dit so reg!

  4. Loretta Szikra

    29 Mei 2019

    Goed gestel Carma. Goeie werk soos altyd!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 353
Kommentaar telling: 916

Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 45 gaste aanlyn

Bydrae Totale