Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Nonnetjie (BRONS)

Deur Annamarie
Datum gepubliseer: 30 Julie 2020 Aantal woorde: 51 28 Kere gelees Hou van

Nonnetjie

Saans kom jy hartjiewit
geruisloossag op donker dakke sit.

Hoe kan iemand daarin onheil sien?
Hoe ondeurdag, hoe sinneloos
om jou te merk as boos?

Hoe strooi hul goedsmoeds sonder spyt
die gif wat húl eerder verdien?

Ja, deurnag huil die vraagverwyt
wat in jou aandroep skuil:
Hoe-hoe?

©ASvdMerwe




TEMAS
2 Kommentaar
  1. morne du preez

    30 Julie 2020

    Baie mooi, as ek reg is nonnetjies uil?

  2. Anze

    30 Julie 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2020 – Klanknabootsing projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 5
Kommentaar telling: 1

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 178 gaste aanlyn

Bydrae Totale