Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: nog en nog

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 10 Junie 2019 Aantal woorde: 107 49 Kere gelees Hou van

nog ‘n blom se bloos is uitgedoof
nog ‘n rots vergruis in gruis tot sand
elke dag hoor ek van meer en meer
my duin bly in permanente skemer

nog ‘n plaas word uitgeskakel geskrap
nog ‘n produksie eenheid verwoes gelaat
elke dag hoor ek van geweld en moord
my duin bly in permanente rou geklee

nog een blanke gesig verduister
nog twee mense lewens verloor
elke dag word ons getalle minder
my duin bly in permanente skok

nog een dag van hitte en haat
nog ‘n paar stories oor hoe paraat
elke dag hoor ek meer verskonings
my duin bly donker sonder ware Lig

©Teárlach




TEMAS
2 Kommentaar
  1. morne du preez

    11 Junie 2019

    mooi gedig wat in ons almal spreek oor die mishandeling en smarte wat mis gekyk word

  2. Tearlach

    11 Junie 2019

    Baie dankie vir jou saam lees en insig Morne. Ek waardeer dit baie.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 549
Kommentaar telling: 75

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 107 gaste aanlyn

Bydrae Totale