Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: NIMMERLAND

Deur Vonnie
Datum gepubliseer: 5 Oktober 2019 Aantal woorde: 154 52 Kere gelees Hou van

X 2
Hoor hoe ek roep na jou,
hoor ek roep na jou!

Kom jy my saam neem
na daardie nimmerland,
daar waar die horison en see ontmoet?
Daar waar ons harte
teen mekaar kan aanklop
en waternimfies ons skaam kom groet?

X 2
Hoor hoe ek roep na jou,
hoor ek roep na jou!

In ons verbeelding
kan ons gly oor branders,
uitspoel op strande op seesand sag.
Met klingel-laggies
kan ons speel en skater
in die blou seewater, op die maat van die nag. . .

X 2
Hoor hoe ek roep na jou,
hoor ek roep na jou!

X 2
Hoor hoe ek roep na jou,
hoor ek roep na jou!

Hoor hoe. . .hoor hoe. . .
hoor ek roep na jou!

Hoor hoe. . .
Hoor ek roep na jou!

Liedjieskrywer en sanger: Yvonne de Kock

(Kopiereg voorbehou)




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 7
Kommentaar telling: 0

Ek is allereers die trotse skrywer van Afrikaans, my pragtige moedersknie-taal! 'n Gepubliseerde vryskutjoernalis met artikels in van ons Afrikaanse tydskrifte soos Huisgenoot, Sarie, Vrouekeur en Rooi Rose. Ook digter,  liriekskrywer en komponis. Dus liedjieskrywer van my eie, sowel as ander se gedigte en lirieke en hartstogtelik lief vir musiek en sang. Ek geniet myself gate uit met die skryf van rubrieke, skryf ook verhale en maak ook so nou en dan keel skoon by wyse van 'n lekker ou gorreltjie. En o ja! Na baie, baie jare as skrywer, het ek uiteindelik drie boeke die lig laat sien en is ek nie 'n bietjie trots nie! My biografie Daar huil 'n kind in my, Rubrieke sonder brieke en Gedigte op die vleuels van musiek. Daar...genoeg. Nou moet ek verder aan die skryf kom!

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 173 gaste aanlyn

Bydrae Totale