Titel: niks
Deur Tearlach

.
oor my duin hang niks
soos om niks te sê is maklik
skare mense wat babbelend niks sê
die suide-wind steek weer op met ‘n vaart
dit waai woorde en gedagtes in die niet
daar waar gedagtes sneuwel in niks
vervloë dae gedagtes selfs verflou
die kuns om baie te praat
en niks te sê is groot
om niks te sê
wanneer
dit nodig is
kan egter
moeilik
wees
.
©Teárlach
TEMAS