Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: NICO

Deur Paula Paxton
Datum gepubliseer: 7 Augustus 2019 Aantal woorde: 152 61 Kere gelees 1

Jy kom met Augustus se laaste koue ure.
Met passie breek jy af, my sterk geboude mure.
Om my winde wat waai met vrede te vertroos.
Kom herbou jy my hart so verniel en baie broos.

Kom tel jy my trane en vang dit in ‘n fles.
Maak jy heel my siel, gebroke en gekwes.
Wys jy my sag waar my skoonheid weer sal lê.
Gee jy my meer as wat ek ooit wou hê.

My hart se klop, my bloed wat deur my bruis.
Jy is die lied wat vrolik in my ore sag kom suis.
Gestuur deur Agape, van tye baie oud.
My ridder uit Sy hand, meer werd as aardse goud.

Omvou jy my met liefde, teer en sag gegee.
Neem jy my hand met elke lewenstree.
Lei jy my hart na jou woud van lief en trou.
Waar ons saam aan ons kosbare saamwees kan bou.
PAULA PAXTON




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 69
Kommentaar telling: 4

Gebruikers Aanlyn

5 Lede, 78 gaste aanlyn

Bydrae Totale