Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: newels

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 12 Januarie 2020 Aantal woorde: 105 187 Kere gelees 2

my duin is gebêre onder nuwe sand
diep onder lê my voetspore nog droog
deur newels van sterk winde van verandering
trek my siel op sy sweeftog soos blare op wind
dobber en dryf dit soos plankton op blou golwe
reg om verorber te word deur die kieue van visse
gedagtes stry met oeroue gewoontes en moraliteit
sweef rukkerig soos stormwinde oor wye see
gryp hier en los daar met wit-kam-spoor
redes van vandag bots met strome
van gister se lewensverwagting
ouderdom kry dalk die skuld
maar grysheid bring dikwels
nie meer wysheid nie
net die wete dat
jy niks weet
nie

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 877
Kommentaar telling: 122

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 58 gaste aanlyn

Bydrae Totale