Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Neuriënd sing die winterwind.

Deur Arnold
Datum gepubliseer: 31 Augustus 2016 Aantal woorde: 144 1189 Kere gelees 15

Tula- Tula- sit stil my Babani
onvoorspelbaar hang die onheil by Amatola
maar stil sit wil die wit Pikanienie
die verspieders had nie tyd vir Amakeia

onvoorspelbaar hang die onheil by Amatola
die assegaai lemme blink in die son al flitsend
die verspieders had nie tyd vir Amakeia
wie sal tog sorg vir die weerlose kind

die assegaai lemme blink in die son al flitsend
onheilsglimlag van Maxosas verseël die verhaal
wie sal tog sorg vir die weerlose kind
belowend het Amakeia haar woord gegee aan witmanstaal

onheilsglimlag van Maxosas verseël die verhaal
niks kan die vertroue meer bind
belowend het Amakeia haar woord gegee aan witmanstaal
neuriënd sing nog steeds die winterwind

niks kan die vertroue meer bind
maar stil sit wil die wit Pikanienie
neuriënd sing nog steeds die winterwind
Tula- Tula- sit stil my Babani.

06/08/2016 om 11h30.




TEMAS
8 Kommentaar
  1. neels

    31 Augustus 2016

    pragtig gepen Arnold

  2. Vonnie

    31 Augustus 2016

    Arnold, baie dankie vir jou inskrywing en sterkte.

  3. Anze

    31 Augustus 2016

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Liefde vir Afrikaans projek

  4. Inkmoderator

    14 September 2016

    Hierdie gedig herinner geweldig baie aan Amakeia wat deur Visser geskryf is. Miskien moes jy net met appologie aangeteken het. Wees asseblief versigtig want dit kan maklik as plagiaat beskou word. Indien jy weer so naby aan ‘n ander gedig il skryf maak net ‘n nota wat iets soos dit sal lees: (met appologie AG Visser) of wat ookal. Ek wil nie hieraan krap nie en stel voor u volg hierdie raad.
    Groete.

    • Arnold

      30 September 2016

      Dankie vir die inloer en advies, ek waardeer dit opreg.

      Die gedig is geskryf vir die “dank aan Amakeia” kompetisie, maar kon dit nie betyds plaas nie. Ek vra apologie dat ek nie A G Visser as die oorspronklike digter erken het nie.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 119
Kommentaar telling: 473

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 55 gaste aanlyn

Bydrae Totale