Titel: natuur frats
Deur Tearlach

in koeler weer
rus my duin saggies
onder sif-reën sak dit vas
maak lagie klam sand
wat net spoortjies
van druppels
wys
die lug voel skoon
met miljoene druppels
wat rond dobber op pad
grond toe in ligte bries
seevoëls klink hees
en sit en bibber
op strand
vaal verdroogde oë
loer skelm agter blinders
na elke beweging daar buite
liggame strek op uit rus
om weer te gaan sit
ingeperkte emosie
klink telkens op
landvoëls geniet dit
vul weer ongestoorde ruimte
en raak weer mak vir beweging
wat hul gewoonlik laat vlug
pik salig onbevrees
aan sade en kos
op die sand
teen stadige spoed
speel tyd verby alles
wat gewoonlik ruisend
met mekaar kompeteer
om eerste plek te wen
in moderne lewe
nou ingeperk
©Teárlach