Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Namakwadaisy

Deur Pannetjie
Datum gepubliseer: 7 Mei 2019 Aantal woorde: 148 115 Kere gelees 2

Namakwa daisy

Ou rooiproppie,
Ou rooiproppie
Vir jou wil ek nie los,
Jy is mos my kos.

Vanaf vroe môre moet ek dink,
Hoe om jy nader te wink
Uitvaltyd vanmiddag,
Wil ek jou loop ledig

Sommer so van die eerste dop,
Sit jy reguit in my kop
Jy maak my mos sterk,
Om my claim af te merk

Nog vroeg is die aand
Is ek skoon verwaand
Jy maak my mos ryk
En wil ek voor almal pryk

Na die eerste bor’l
Is ek besig om te gorrel
Jy maak my mos slim
Om in argumente in te klim

Nou is jy leeg,
En die wêreld is skeef,
Die bar maak toe
En ek het noggi genoe

Namakwa daisy
my ou meisie
jy het oorleef,
lieberstein en seebries.

Ou rooiproppie,
Ou rooiproppie,
Vir my wil jy nie los,
Jy maak net my tong los




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 5
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 2,839 gaste aanlyn

Bydrae Totale