Jongste aktiwiteit:

NAGWIND

Kom nagwind, sag en soel
kom sing my aan die slaap vanaand
bedaar die dag, laat die aarde afkoel
die groot wakker hou hom weer verwaand
kom sing my aan die slaap vanaand
waai die vaak oor my oë, vryf die sterre blink
die groot wakker hou hom weer verwaand
doof die stemme uit, laat droomland vir my wink
waai die vaak voor my oë, vryf die sterre blink
bedaar die dag, laat die aarde afkoel
doof die stemme uit, laat droomland vir my wink
kom nagwind, sag en soel

©HMellet




Ek is maar net 'n kaalvoetkind van Namakwaland, verslaaf aan die reuk van ink op papier en honger vir woorde wat siele versadig, of dit nou uit my pen kom of joune.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed