NÁ DIE APPLOUS
Bar val die stilte neer
en suig bloeddorstig woorde weg
stroop die kop van sy dink
stuit die hart in sy voel.
Die gordynval na die groot applous
en jy staan kaal, stom alleen
vasgeketting in die oomblik
van self besin en weer begin.
©HMellet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Okatopi
Wonderlike woordspeling