Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Winter in herinnering (silwer)

Deur Marieta McGrath
Datum gepubliseer: 12 Junie 2019 Aantal woorde: 75 35 Kere gelees 2

haar middae mompel loom
lou ivoor deur vensters
‘n boek lê op my skoot

buite
swiep sy stilweg skadusterte deur die geel
haar werkers kerf ‘n landskapreliëf uit gras
sy is die hooimakerseisoen
sy voed ons skure

vanmiddag staan haar hemel stil
helder en asuur

maar later sal haar hemel grys word
haar werkers sal huiswaarts keer
agter toe deure sal ek sop kook van haar oorskot
om haar warm te onthou
©Marieta McGrath




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Anze

    12 Junie 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek

  2. morne du preez

    13 Junie 2019

    pragtig hou van hoe jy die word asuur inteks gevorm het en dit het my weer laat lees.

  3. Marieta McGrath

    17 Junie 2019

    Baie dankie Morné vir die terugvoer.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 22
Kommentaar telling: 1

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 2,835 gaste aanlyn

Bydrae Totale