Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Warm melodie

Deur Palet
Datum gepubliseer: 31 Januarie 2018 Aantal woorde: 72 504 Kere gelees 13

Met die veld se nabyheid
die wildesprei van pers blomme
loer agter die wolke ‘n nuwe maan
skitter talle sterre blou-wit oor die oseaan

Trippel ‘n ritsel windjie
duisende spoortjies van onthou
wat jou in ‘n gewigslose
vryheid omvou

Dit maak die vreugdes voller
ons hoop helderder
die rede om te leef duideliker
nou stap jy aan, jou lewe word wyer en ryker

en voed die vrugte van al my vertakkings nuut




TEMAS
6 Kommentaar
  1. Somerreën

    31 Januarie 2018

    Pragtige gedig, hom baie geniet.

  2. Palet

    31 Januarie 2018

    Baie dankie, waardeur

  3. Sonja Peacock

    31 Januarie 2018

    Baie mooi beskrywend, kon dit sien 🙂

  4. Anze

    1 Februarie 2018

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2018 – Weerbegin en voornemens projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 362
Kommentaar telling: 351

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 124 gaste aanlyn

Bydrae Totale