Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Vinnige versie (1)

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 31 Oktober 2016 Aantal woorde: 57 698 Kere gelees 13

een oggend word jy wakker
in die nag se donker uur
daar waar duister jou kasty
in die lang minute
tussen drie en net voor vier

jy weet die dagbreek kom al nader
en teen 5-uur maak die son al elders lig

jy skakel jou tablet aan . . .
en waag jou hand
aan ‘n gedig

© C. Shaw
19 Oktober 2016




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Anze

    1 November 2016

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober projek

  2. neels

    1 November 2016

    So ietsie anders uit Carma se pen

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 350
Kommentaar telling: 916

Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 135 gaste aanlyn

Bydrae Totale