Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Verkwikkende ondervinding

Deur Palet
Datum gepubliseer: 4 September 2019 Aantal woorde: 87 86 Kere gelees 1

Bome bot blomme blom
lente het gekom
oral staan groen gras
uit ‘n dik stoflaag op

Selfs die voëls fluit
met ‘n vrolike fees geluid
lente vou oop soos ‘n nuwe droom
winter-ys gly af van elke boom

Soos toorverf uit die natuur se kwas
skilder hy weer alles prentjiemooi
dit is die allermooiste skildery
vir jou en my

Waar die son koper-geel
op elke nuwe blaar kom lê
wat jou menswees laat borrel
dit is die liefdes en vreugdes,
wat elke moeë siel weer heel




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    4 September 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 359
Kommentaar telling: 349

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 139 gaste aanlyn

Bydrae Totale