Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ʼn Verhaal wat nooit sal herhaal.

Deur Arnold
Datum gepubliseer: 20 Julie 2016 Aantal woorde: 137 981 Kere gelees 15

Ek weet teen wil en dank ―
sien ek in ʼn geestesoog
waar die Kruis by Gólgota
die prys betaal is vir my.

Vlokke van beelde skuif deur alles heen
waar alles in tyd en stof insluit
so stroom dit deur grense en eeue aaneen
en soms met ’n gemoed wat nie wil verstaan.

ʼn Gebroke hoogmoedige hart
tussen skyn en tog wil glo
tog altyd in ʼn gesigseinder in die grote
stryd ʼn verhaal wat nooit sal herhaal.

Uit die donker brose gemoed
sak die verwyt neer op die gemoed
en weet waar skuil die ontkoming
waar ek slegs my eie verhaal skryf.

Skryf letters en verslae op die blaaie
en volg weer boek en kaart tot latere jare
tot ontdekkinge in ou herinneringe
wil Hy my afsonder van verdrukking,
Hy was en is my eerste Lig oor die visier.




TEMAS
10 Kommentaar
  1. neels

    20 Julie 2016

    Arnold hierdie is n roerende werk wat aan die hart vat

  2. Eduard Smith

    20 Julie 2016

    Arnold, ek kom lees saam, en is geneig om te krap en twêr. Vergeef dus maar my voorbarigheid. Ek sien potensiaal hierin en met permissie wil ek so bietjie daaraan skaaf.
    Ek beleef teen wil en dank,
    in my geestesoog
    waar op die Kruis by Gólgota
    die prys betaal is vir my.

    Beelde flits
    wat al´s in tyd en stof insluit
    vloei dit oor grense; deur eeue
    met ’n gemoed wat nie wil verstaan.

    Gebroke, hoogmoedig van hart
    tussen skyn en amper glo
    steeds ´n gesigseinder in die grootte
    stryd ´n verhaal wat nooit sal herhaal.

    Uit die donker brose gemoed
    sak die verwyt neer
    skuilend in die ontkoming
    waar ek nét my eie verhaal sal skryf.

    Letters en verslae op die blaaie
    tot ontdekkings uit ou herinneringe:
    Hy wil my afsonder van verdrukking…
    Hy was en is my eerste Lig.

    Lees gerus die meer woordekonomiese weergawe van jou vers. Dit is alles net voorstelle, maar jy is welkom om dit te gebruik as jy wil.
    Groete
    Eduard

    • Arnold

      20 Julie 2016

      Almal het die reg om sy eie opinie oor iemand anders se werk uit te lig. Geen digter of digteres het daarmee ʼn probleem nie. Ek het dus na jou voorstelle gaan kyk . As digter of digteres moet ʼn mens baie versigtig wees wat jou kommentaar op ander se werk is.

      Strofe een kan ek as mens net weet of kennis dra wat kon gebeur het by Gólgota, nooit as te nimmer kon ek dit beleef het nie.

      Strofe twee word die boodskap nog steeds deur die eeue heen oorgedra. Wanneer iemand reeds Christus aanvaar het, kom die twyfel sóms navore, nie “met ʼn gemoed wat nie wil verstaan” soos jy hier aanbeveel.

      Strofe drie, die woorde “tussen skyn en amper glo” laat my dink aan amper van iemand hou óf glad nie.

      Jou strofe vier laat my dink dat ek as mens my ontkoming net in my skryfsel sal vind.

      Strofe vyf laat jy geheel en al my tweede reël uit, en ek weet nie waarom nie. Waar sal die mens weer gaan soek as hy weer tot inkeer wil kom?

      Dit is wat gebeur wanneer iemand ʼn “woordekonomiese weergawe” van ʼn digter of digteres se skrywe wil skryf. Jou “woordekonomiese weergawe” dra egter nie my boodskap volkome oor nie, die emosie en worstelstryd van elke dag word nie weerspieël nie.

  3. Anze

    20 Julie 2016

    Baie mooi Arnold

  4. Palet

    20 Julie 2016

    Groot woorde die

    • Arnold

      20 Julie 2016

      Dankie Palet, nie net groot woorde nie maar ook ‘n groot wonderwerk vir ons…

  5. Kiekies

    20 Julie 2016

    Wat nooit sal herhaal nie, want een maal was meer as genoeg! Diep gedig Arnold!

    • Arnold

      20 Julie 2016

      Dankie Kiekies vir die interaksie, en so leef ons elke dag deur Sy groot genade.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 119
Kommentaar telling: 473

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 53 gaste aanlyn

Bydrae Totale