Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Stukkie mooi

Deur Palet
Datum gepubliseer: 12 Junie 2019 Aantal woorde: 560 51 Kere gelees Hou van

Winter is ‘n tyd van siek word, verkoue en griep is meeste mense se voorland. Die koue teer op verkoues, dit is ook een van die redes waarom baie mense nie van winter hou nie. Maar dit is ‘n seisoen wat mens moet aanvaar, en daarmee moet saamleef, en die beste daarvan maak. Vanoggend voel dit weer ekstra swaar om op te staan, die bed is so lekker warm dan moet jy die koue buite gaan trotseer. Dit nie altyd maklik nie, en verg baie wildskrag om jou lyf uit die bed te kry, en dan al daai hope klere wat mens moet aantrek is genoeg om van te huil. Ek probeer om altyd in die winter vakansie te vat, om na warm plekke te gaan, of om laat te kan slaap.

Dan is daar ook die herinneringe, wat mens soms terug laat verlang na ‘n tyd toe winter anders was. Winters van iemand wat na aan jou hart was, wat nie meer daar is, geurige stomende groentesop uit ma se kombuis, en ouma se lekker vetkoekke. Gesellige kuiers by die kaggelvuur of verwarmers…

Watter seisoen was eerste, somer, herfs, lente of winter? Ek dink dit het alles by somer begin, die paradys, Adam en Eva. Alles was mooi selfs die bome het die sappigste vrugte gedra, maar toe kom die slang en alles verander, die bome het opgehou vrugte dra. Selfs die voëls moes vlug vir die koue en skielike leegheid in die natuur, diere het begin wegkruip in gate en daar gebly tot die gras weer groen spryt na die eerste lente reën. God het ‘n plan gehad om vier seisoene in ‘n jaar te gee, sodat alles wat was weer nuut kan begin.

Dit is ‘n rustyd vir die natuur en dier, gun jouself ook dan tyd af om al jou dooie blare af te skud, om dinge wat pla in jou lewe af te kap en weg te gooi. Berei jou siel voor vir die nuwe seisoen en ‘n nuwe groei wat kom. Vrolik jou harts’tuin op met kleurige blomme, vergeet van die vaal daarbuite dit is net tydelik. Hou jou besig met warm gedagtes, en hou die koue uit jou hart!

Dit is nie ‘n tyd om morbied te voel nie, kyk verby die kaalheid van die vlaktes. Gryp die winter se nuwe uitdagings aan, en waai saam met die wind nie teen dit nie. Winter is ‘n reis deur gister se gebeure en mŏre se nuwe drome. Maak lekker warm kos, trek klere aan wat jou goed laat voel. Maak dit opwindend, gaan na die Drakenberg en kyk na die sneeu, of vat sommer die langpad en ry deur skilderagtige landskappe. Gaan stap ‘n ent op ‘n sonnige dag, mens word nie so gou moeg nie, die lug is koel. Hulle beweer dat die see water ook warmer is in wintertyd, die koue hoef nie oral saam met jou te wees nie. Hou jou troeteldiere ook warm, gee vir hulle ekstra warm komberse, en beskutte hondehokke indien hul buite slaap. Hou almal warm en bly gesond, vermy laat aand kuiers bly tuis.

‘n Lang ry wit rose vang elke oggend my oog wanneer ek daar verby ry, dan vergeet ek vir ‘n oomblik van die swaar stadsverkeer. ‘n Stukkie mooi wat die koue verbloem, wanneer die oggendson sag daarop skyn.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    12 Junie 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 339
Kommentaar telling: 347

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 40 gaste aanlyn

Bydrae Totale