Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Retrospektiewe studie op immigrasie (silwer)

Deur morne du preez
Datum gepubliseer: 14 Oktober 2020 Aantal woorde: 145 40 Kere gelees 1

Uit die see se bloute wildheid,
kappiewulk, albatros, witsandduin
weg is jul soos die wind
waar sal ek jul ooit weer vind?

My hart is ‘n gesplinterde skulp
wat weg eggo in die stilte wat oor jou woed,
‘n tol-tol riekmarol
die helderson se gloed

sal jy ‘n plaasnooi groet
of sal ek jou nog hoor balk en breek
my voete in jou skulpsand steek?
soos die oor en weer van ‘n trekker se ploeg

soos stropers uit jou buik kom stroop
so voel ek, sonder jou gestroop;
‘n boklam en ‘n brander
vir die een is dit nes die ander

‘n eggo in die groen
‘n eggo uit die blou
‘n waboom by die spruit
‘n hengelaarsrots, ‘n vissermansskuit-

Dus behels die studie in gesprek
‘n liefde wat onmisbaar strek;
uit die suide tot die noorde
elkeen met hul eie akkoorde.

©Morné du Preez




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    15 Oktober 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2020 – OOP-projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 116
Kommentaar telling: 81

n dromerkind van oud nuut in skryfkuns maar die woorde hou my snags wakker,kunstenaar. Leser,loper advontuurus,hengelaar. ek hou my asem op om die hemel te kan vind waar ek nie anders is nie maar een wat nie anders is as ek myself nie.

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 51 gaste aanlyn

Bydrae Totale