Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ’n Oomblik se wonder

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 28 Julie 2019 Aantal woorde: 99 246 Kere gelees 3

(goud)

’n Oomblik se wonder

Ek het omgedraai
en na die see gekyk
(rigting Melkbosstrand) –
daar waar oeroud mosselskulp
versplinter het tot sand.
En soos eens
het die silwer dag weer aand geword
en die water – vlam en vuur;
toe meeue bo die branders klim
…toe vermiljoen die skemeruur.

En stil het ek bly wonder:
Sal daar eendag (millennia van nou)
weer ’n vrou, nét hier
op dieselfde plek kom staan –
hier waar lig en skadu
beurt’lings oor die aarde wals.
En sal sy (soos ek)
ook wonder oor die wonder
van dit als?

© Carma Shaw
15 Oktober 2018
11:26




TEMAS
5 Kommentaar
  1. Zebulon Kochk

    28 Julie 2019

    Pragtig🍀

  2. Anze

    29 Julie 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2019 projek

  3. Seirdna

    7 Desember 2019

    Uitstekend Carma en baie geluk met jou Julie 2019 prys vir hierdie mooi gedig

  4. Viooltjie

    7 Desember 2019

    Baie dankie, Zebulon. 😊

  5. Viooltjie

    7 Desember 2019

    Baie dankie, Seirdna. Ek waardeer ☺️

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 355
Kommentaar telling: 921

Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 103 gaste aanlyn

Bydrae Totale