Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Nuwe skoon bladsy

Deur Palet
Datum gepubliseer: 9 Januarie 2020 Aantal woorde: 1356 56 Kere gelees Hou van

Marlene staan en kyk na vuurwerke in die lug met n’ helder maan aan die agtergrond, dis Nuwe Jaar en soos gewoonlik wonder sy wat die jaar gaan voorlê. Weer ‘n nuwe boek met nuwe skoon bladsye wat ingekleur moet word, die jaar wil sy net op goeie en positiewe dinge fokus. Sy is alleen vanaand, voel ietwat kruppel-krankig vir die eerste keer in sewe jaar oor sy nie saam iemand die blye oomblik kan vier nie. Dit was ‘n jaar van lag, hartseer maar sy het ook baie wysheid geleer uit foute wat sy gemaak het. Daar is altyd ‘n kans om weer nuut te begin, en sy kan nie wag om hierdie nuwe hoofstuk te begin skryf nie. Lank na middernag het sy nog gelê en luister na die opgewondenheid wat buite heers. Kort-kort het ‘n onderdrukte gegiggel of ‘n uitbundige skaterlag. Die man oorkant die straat sing uit volle bors…

“If I have to fall in love again, I will fall in love with you.”

‘n Uitbundige borrelende vreugde wat almal ervaar met die aanbreek van ‘n Nuwe Jaar.

Met die woorde raak Marlene aan die slaap. Vroeg die volgende oggend, word sy egter wakker met ‘n vreeslike lawaai, sy spring uit haar bed en kyk deur die kamervenster. ‘n Klomp jeugdiges wat sing en dans, sy glimlag en trek weer die gordyn toe. Sy kan nie glo dit is 2020 nie, net gister was sy ook nog ‘n kind jonk en jollig. Lui-lui strek haar kat haarself uit op die bed, die jaar word Miempie een en twintig! Marlene heg baie waarde aan haar troeteldiere, per slot van sake is hulle altyd dieselfde en gee nie voor nie.

Met ‘n effense wrang smaak in haar mond, besluit sy om koffie te gaan maak. Haar planne vir die dag agtermekaar te kry, en om haar ma te gaan besoek in die sorgoord in Pretoria. Dit begin te reën, lieflike sagte reën wat soos see’sproei val oor haar tuin. Die swaeltjies baljaar uitbundig in die lug, maak sierlike draaie. Dit is nou al die derde jaar wat ‘n swaeltjie terugkeer na sy nessie op haar voorstoep.

“Môre, Voorspoedige Nuwe Jaar Marlene.”

Haar buurman is ‘n vreemde man, altyd doenig met een of ander projek op sy erf.

“Dankie, mag die jaar net die beste inhou vir almal van julle.”

Oppad Pretoria toe, lui haar foon. Sy sien dis ‘n oproep van Riaan, eintlik wil sy nie met hom praat nie te veel onaangenaamheid tussen hulle wat nog in die lug hang. Die afgelope jaar het hulle verhouding begin haakplekke kry, eintlik het sy agtergekom dat hy nie baie betroubaar is nie, en sy kan dit nie verder vermy nie. Soos op Oujaar het hy net laat weet hy gaan weg vir die dag, haar nie saam genooi nie. Dit het haar laat besef dat sy nie verder met so ‘n verhouding kan aangaan nie. Hy is baie aantreklik, en kan mooi vrouens nie uitlos nie.

“Hallo, Riaan hoe gaan dit?”

“Goed dankie! Hoe lyk dit wil jy nie vandag saam met my plaas toe gaan nie. My ouers het my genooi, wil groot braai gee vanaand, Nuwe Jaar vier.”

Marlene dink vinnig wat om te sê , sy is eerlik waar nie lus vir uitbundige rumoerige mense vandag nie.

“Riaan, ek sal sien hoe draai die dag uit ek’s oppad Pretoria toe om vir my ma te gaan kuier. Sal jou laat weet of ek dit gaan maak of nie.”

Later die dag laat sy hom egter weet dat sy nie betyds terug gaan wees nie. Sy het vanoggend besluit sy gaan vir so paar dae haarself baie stil hou, sy wil sekerheid kry oor haar gevoellens vir Riaan. Marlene ry deur ‘n boomryke laan iewers in Pretoria, sy verkyk haar daaraan. Sy’s so diep ingedagte dat sy vir ‘n oomblik van ‘n sekonde nie die kar voor haar sien stop nie, tervergees probeer sy stop.

“Agge nee!”, skree sy kliphard en hou haar kop vas met haar hande.

‘n Groot geboude man met ‘n weerbatstige kuif, en blou oë klim uit sy kar en kom na haartoe aangestap. Marlene klim uit haar kar en staan woordeloos voor die reus, sy maak haar gereed vir ‘n groot geveg met die vreemdeling. Tot haar verbasing steek die man ewe vriendelik sy hand uit, en stel homself voor.

“Aangename kennis, Paul Botha. Of moet ek eerder sê dis ‘n minder aangename ontmoeting.”

Hy loop terug na sy kar, kyk na die skade. Sy eis om te dink wat die skade aan haar motor is, dis nog ‘n nuwe motor wat sy ‘n jaar terug gekoop het.

“Ek’s regtig jammer meneer, ek weet dit is my fout my gedagtes was vir ‘n oomblik vasgevang by persoonlike dinge. Ek sal die skade dek van jou motor, ons kan sommer nou die eis deurstuur na my assuransie.”

Vir een of ander rede kry Paul haar jammer, sy lyk so kinderlik onskuldig.

“Nie nodig nie dankie, ek het ook assuransie sal my eie skade dek.”

Hy neem haar besonderhede en ry verder. Marlene se kar word ingesleep deur haar assuransie, laat daardie middag kom sy by haar huis aan. Dit is alreeds skemer, sy voel skielik so uitgeput na die drama van die dag dat sy op haar bed gaan lê, en binne minute aan die slaap raak. So om en by agt uur lui haar selfoon, verskrik skrik sy wakker en sien dis ‘n onbekende nommer.

“Goeie naand, dit is Marlene wat praat.”

“Naand Marlene dis Paul hier, jou grootste nagmerrie.”

Hy lag lekker oor sy aanmerking, en skielik voel sy opgewonde om sy stem te hoor. Dit was ‘n lang gesprek. Hy wou hoor of sy reggekom het met haar motor, en of sy dokter toe gegaan het vir ‘n behoorlike ondersoek. Sy het haar nek effens seergemaak met die botsing, maar verder voel sy geen pyne nie.

“Ek wil jou graag iets vra Marlene, aangesien ek die een is wat jou lewe vandag ietwat ontwrig het. Ek sal jou graag wil uitneem vir ‘n ete om op te maak vir die onaangename eeste dag van Nuwe Jaar. Net ‘n vriendelike uitnodiging, sal ons reël vir volgende Saterdag?”

Marlene is so verbaas oor die oproep dat sy sprakeloos aan die anderkant staan, voor sy haar kon keer antwoord sy terug.

“Dankie, dit sal lekker wees.”

Paul is ‘n baie aangename man, en soos Marlene hom beter leer ken is daar iets omtrent hom wat haar veilig laat voel. Sy het ook van die geleentheid gebruik gemaak om vir Riaan te sê dat sy nie meer kans sien vir hulle verhouding nie. Sy voel hulle mors mekaar se tyd, sy soek ‘n meer ernstige en stabiele verhouding, hy wil nog rondspeel. Marlene voel eintlik baie verlig nou, sy wou al lankal uitgemaak het met Riaan maar net nooit gevoel dis die regte tyd nie.

Saterdag oggend gaan sy gou haarkapper toe, sy voel baie opgewonde oor vanaand. Half sewe hou Paul voor haar huis stil, hy klim uit en hou ‘n bos bloedrooi rose in sy hand. In die oomblik word haar hele menswees gevul met kleur en geur. Dit was die mees romantiese aand wat Marlene in jare gehad het, sy het elke oomblik saam hom geniet.

Hulle het in mekaar ware liefde ontdek, in mekaar waardes ontdek wat tydloos is. Paul het Marlene op ‘n ontdekkingsreis geneem, op Stilbaai het hulle saam in die sonsondergang verdrink.

“Marlene, jy is pragtig en jy maak my die gelukkigste man op aarde om deel van jou lewe te kan wees.”

Hy trek haar nader, en in die rooi-geel weerkaatsing van die laaste sonstrale soen hy haar.

Twee jaar later loop sy en Paul by ‘n juweliers winkel in, hy koop vir haar die mooiste verloofring. ‘n Week terug het hy haar gevra om met hom te trou, sy het ja gesê. ‘n Nuwejaars droom het vir haar waar geword, en die woorde maak soveel meer sin nou vir haar.

“If I have to fall in love again, I will fall in love with you.”




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    9 Januarie 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2020 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 378
Kommentaar telling: 354

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 55 gaste aanlyn

Bydrae Totale