Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘N MA. ‘N TROUROK; EN ‘N VISVINGER

Deur GhwarriegatQueen
Datum gepubliseer: 11 Mei 2019 Aantal woorde: 628 48 Kere gelees 4

‘N MA. ‘N TROUROK; EN ‘N VISVINGER

Môre is Moedersdag en ek verlang so baie se baie na my eie persoonlike ma……. My ma was n Vyfrose-vrou. My ma was ‘n Debora en ‘n Ester sommer als ineen – soos ‘n warm beker tee op ‘n koue, windverflenterde fraaiingdag, krisisbestand en sag op die gemoed. Maar sy kon gifsterk trek as die warmwater dit vereis het. Hmm, ‘n sagte gees, maar sy kon swaardtrek soos ‘n vegvrou van ouds. Gebrei deur swaar kinderdae, maar nooit het sy gekla nie.
My sagte-sterk ma wat my geleer het om te glo dat God my God is, maak nie saak wat gebeur of wat wie sê nie. Wat my geleer het om te droom, al is dit dan nou ook die’ Impossible Dream’………dat die lewe; die lewe met jou sal dans as jy hom ‘n kans gee.
…..My ma was magic! In die dag ‘n gewone bankamptenaar. Maar die tyd wanneer die feetjies en kaboutertjies op ‘n roosblaartapyt begin dans en vir my Hero soentjies blaas en pêrels bymekaarmaak vir ander geheime goeters wat jy nie mag weet nie; dan het my mamma die heel mooiste en die heel beste trourokke (en ander rokke ook) op die hele aarde ontwerp en gemaak Sy moes, cause why omdat en oordat die Piet in die bottel het baie van ons geld gesteel.
En ‘n Ander eendag toe moes my mamma vir `n ander ryk tannie se ryk dogter ‘n fantabelagtige trourok uitgedink en gemaak het, oordat sy met ‘n ander ryk oom se seuntjie, wou gaan trou het. Sarie – dit was daai ryk tannie se naam gewees – se trourok was eers so mooi gewees, nê, dat Liewe Jesus se engeltjies partykere vergeet het om die sterretjies blink te vryf, so het hulle na Sarie se trourok gekyk……. Die rok vol meer as 1000pêrels, ingevoerde kant; satyn en magic. Ek kon vir ‘n ewigheid net met my handjies agter my ruggie na daai Hemelrok staan en kyk.
Kan jy `n geheim hou?. Dit mag in die regte-egte lewe Sarie se rok gewees het; maar in my hart se droom was dit my eie, persoonlike Hemeltrourok gewees. Cause why omdat ek wou met Liewe Jesus getrou het – oordat Hy my Hero gewas het en oordat ek die liewerstelief vir Hom is.. Daai Man met Sy forse, spierewit Arabierse reisiesperd.
Ek sal nooit haar laat nagte se werk voor die masjien vergeet nie; hoe ek en Patches en Bontjan (my eie, persoonlike hond) op die mat gesit het en na al haar mooi stories geluister het. Huh-uh, nie daai verspotte stories wat die Grimboeties uitgedink het nie….. Natuurlik was dit eers verspot gewees. Ek het nie erg aan simpel meisiekinders wat gifappels eet, en by beertjies se huis inbreek, en hulself deur `n spinwiel laat steek om ‘n leeftyd om te slaap nie. Ek het gehou van feetjies wat in my Hero se baard kon wegkruip en kaboutertjies wat doudruppelkoeldrank kon maak……. Enne… Of toemaar….
Hero gee vir haar n stywe vashoudrukkie en ‘n klomp soentjies van my af, blief……. Sal jou altyd liefhê, Mams – sterretjiebaie se baie dankie vir als!!!
En vir my 4 wakkerrakkers daar in die Hemel: Ek verlang woordeloos te veel na julle; maar ek sal Hero altyd dankie-sê vir die tydjie wat elkeen van julle vir my geleen was. Soet wees, nê – en vra vir Moses om julle van Visvinger (hy’s eintlik KarelLewies gedoop) te vertel en daai dag toe die Rooisee so oopgegaap het nes sy ouma-groot se mond wanneer sy haar middagslapie vat in haar sonstoel op die stoep.

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie; en ‘n Pêrel Moedersdag vir al die ma’s – die GhwarriegatQueen salute julle.
©Liza Daniells




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. Kiekies

      Mei 13, 2019

      Haaaa ek het lekker gelees!!!

    2. GhwarriegatQueen

      Mei 19, 2019

      Dankie baie vir jou stilstaan en saamlees, waardeer opreg. Saggies doedoe vanaand, laf joe ☕🌹💝

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 40
    Kommentaar telling: 16

    Vergun my net so n skeutjie se agtergrond; seblief - Ek sal dit kort hou. Ek was vir 26 jaar (van ouderdom 8 jaar) vasgevang in prostitusie, delms, satanisme; ens. Ek sal jou nie opsaal met die detail nie. Ek is nou al 21 jaar deur God se genade vrygemaak van daai boeie van die verlede; maar ek ervaar steeds baie vervolging en verwerping van kerk en Establishment. En - verloor om n laaang storie kort te maak, ek het net mooi ALS - letterlik en figuurlik verloor. Hoeveel maal in die winter moes ek fisies op straat slaap; enne is nou een keer gegangrape......nou sit ek met serviks kanker. Maar dis nie die punt nie. Nie nou nie, in elk geval. Ek wil nie chemo of n hospitaalbed he nie. Ek wil weer die seesand onder my voete voel; die see sien. Ek is onherroeplik mal vir die see; vir mooi, ou Kaapland. Ek wil waag om te glo in die gebeur van n wonderwerk. Weer geluk vind; liefde. Ek wil LEWE!!!

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 2,848 gaste aanlyn

    Bydrae Totale