Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Kelnerin Se Droom …

Deur Timothy Timmie De Vos Botha
Datum gepubliseer: 1 April 2016 Aantal woorde: 1616 878 Kere gelees 7

“Mamma ek wil ‘n man hê” Anelda sing heerlik saam met die musiek in haar kar terwyl sy werk toe ry, sy werk by die plaaslike Wimpy, so 15 kilometer van haar huis af, maar sy moet in die hoofstraat ry om by die werk te kom, die hoofstraat wat elke oggend baie baie besig is, so sy ry sommer elke oggend ‘n uur voor die Wimpy moet oopmaak …

“In my geskeurde jeans” sing sy verder toe sy by die parkeer terrein in ry by die plaaslike Wimpy waar sy werk, een van die werkers wat in die kombuis werk kom reguit na haar toe gehardloop. “Madam, madam, kom gou, die tsotsi het by die plek ingebreek, alles hy is oop” skree die werker, terwyl sy na Anelda se kant toe hardloop. “Genade Mpho, wat sê jy nou vir my, het jy al die polisie gebel?” sê-vra Anelda en klim vinnig uit haar kar uit om dadelik te gaan kyk hoeveel skade is daar aan die winkel, oppad binne toe bel sy die eienaar dadelik vanaf haar selfoon.

“Prrrr, prrr” lui die foon, iemand tel op, ‘n man met ‘n diep stem.
“Kobus Kotzé, hallo !” klink die stem agter die foon.
“Hallo meneer ek is Anelda, daar was hier by die Wimpy ingebreek” sê Anelda senuweeagtig.
“Dié een hier in Kweperlaan, De Aar. Waarvan meneer die eienaar is, kan meneer asb dadelik uitkom, ons het reeds die polisie ontbied” sê sy weer vinnig nog voor Kobus op die eerste kommentaar ‘n terguvoer kon gee.
“Ja dis reg ek is reeds in my kar en oppad daar na julle toe, maak solank die gemors skoon wat daar rondlê, glas stukke ens. asseblief?”
“Dankie, dis reg so meneer, ons is reeds doenig daarmee”
Hulle sê vir mekaar totsiens en net toe Anelda die foon neersit, kom die polisie by die Wimpy ingestap. Sy veë gou die laaste vuilgoedjies op, gooi dit in die asblik en gee haar volle aandag aan die twee polisie mannne wat by die ingang van die Wimpy staan en wag.

“Hallo, ek is Sersant Cilliers, hierdie is my kollega, Kaptein Steyn.”
“Aangename kennis, ek is Anelda Pretorius, dankie dat julle so vinnig uitgekom het hierna toe, die eienaar van die winkel is ook reeds oppad, ek kry net gou al die werkers bymekaar dan kan julle binne toe gaan en die winkel ondersoek, dertig duisend rand is gesteel, asook twee laptops, en die til wat hulle seker nie hier kon oop kry nie, daar moet sekerlik vinger afdrukke wees?” Sê vra Anelda.
“Dit is reg mevrou, ons sal ons werk doen en die inbrekers vang” sê Kaptein Steyn. Anelda kry gou al die werkers bymekaar en reël dat hulle buite staan en wag sodat die polisie hulle werk kan doen, na ongeveer 10 minute is hulle almal buite.

“Kaptein, Sersant, hier kom die eienaar Kobus Kotzé nou, julle kan als van nou af met hom bespreek en solank die winkel ondersoek” sê Anelda opgewonde.
“Dankie Anelda, jy’s ‘n baie oulike meisie, ons maak so” sê die 29 jarige Kaptein Steyn, nadat Kobus met die polisie gepraat het kom hy na Anelda en die res van die werkers se kant toe gestap, hy begin met hulle gesels.

“Ek is vreeslik jammer, maar julle kan nou nie vandag werk nie, as gevolg van die omstandighede, hier is vir julle elkeen honderd rand vir die dag se betaling, ek sal julle elkeen kontak sodra ons verder kan aangaan en die Wimpy weer oopmaak” sê Kobus hartseer, hulle almal sê vir hom baie dankie en loop.
“Anelda, ek gaan jou nog nodig hê, sal jy asseblief agterbly. Waar is Esmerelda vandag sy’s die bestuurderes? Dit is hoekom ek besluit het ek om jou nou aan te stel as bestuurderes, sodra die polisie klaar die plek ondersoek het sal jy asseblief iemand kry om dit weer mooi netjies te maak en dan te sluit sodra dit skoon is?” Sê vra Kobus Kotzé.

“Dankie meneer, dit is regso meneer, ek sal so maak!” antwoord Anelda opgewonde terug, sy kan haar ore nie glo nie, sy is nou die bestuurderes van die plaaslike Wimpy.
“Baie dankie, ek het geweet ek kan op jou staat maak, ek sou graag wou agterbly maar ek het baie vergaderings wat ek vandag moet bywoon, weereens baie dankie, lekker dag, totsiens !” sê Kobus weer en Anelda kry gou ‘n werker om haar te help die plek weer netjies maak, want op dié oomblik toe Kobus weer ry, toe is die polisie ook klaar om die plek te ondersoek, toe hulle uitgestap kom knik Kaptein Steyn vir Anelda oog en sê:” Ek wens ek kon jou beter leer ken” in ‘n vlyende rasper stem. Maar hy en die Sersant stap uit na die polisie kar en ry weg, daar staan Anelda, bloedrooi in die gesig soos wat sy bloos, sy kyk vinnig of iemand haar nie gesien bloos het nie en stap terug in winkel toe om te sluit, nadat hulle dit skoon gemaak het…..

‘n Week later toe maak die Wimpy weer oop nadat hulle die skelms gevang het en die geld en al die ander gesteelde goedere terug gekry het, weer sing Anelda lekker saam terwyl sy by die parkeer terrein inry, sy hoop net hierdie keer is daar nie ingebreek nie, toe sy uitklim sien sy néé die winkel lyk darem nog toe, dit lyk nie of iets gebreek is nie, sy groet toe sy by die winkel ingestap kom.

“Môre almal, hallo Mpho, en dié? Het iemand vir jou blomme gestuut?” vra Anelda toe sy agter die toonbank gaan sit.
“Néé madam, die blomme hy is actually vir jou” sê Mpho, Anelda staan met groot oë geskok en kyk na die pragtige bos lekker ruikende pers blommer wat nou net in water gesit is.
“Nee man Mpho, dit kan nie wees nie, ek het niemand wat vir my blomme sal stuur nie, hoe weet jy dit is vir my?” sê-vra Anelda.
“Ouwww, madam, kyk hom dié kaartjie, hy het jou naam op, daar staan Anelda Pretorius, maar ek het net die naam gelees aan die voorkan madam, nie binnekant nie madam, ek promise” antwoord Mpho vinnig terug, Anelda sien toe haar naam staan voor op die kaartjie, uit nuuskierigheid maak sy toe maar die kaartjie oop en lees wat binnekant staan.

“Jy is so mooi, mooier as die pers blomme wat ek uitgekies het net vir jou, jy is so ‘n pragtige mense en ek wil jou graag beter leer ken, jy het lankal reeds my hart gewen, C ” Anelda kan dit nou nie so mooi verstaan nie, wie sal tog vir haar blomme stuur en wie is C?
“Madam het die secret admirer, het hy darem die nommer gelos?” vra Mpho nuuskierig.
“Ja hy het maar ek sal na werk bel, ek het nie tyd vir origheid nie, ek is ‘n hardwerkende meisie” antwoord Anelda nors, almal begin toe met hulle daaglikse takies, die dag gaan spoedig verby en na werk toe vergeet Anelda skoon om die nommer te bel wat in die kaartjie gelos is met dié dat dit so baie besig was vandag by di Wimpy, sy onthou toe eers, toe sy op die bank sit en rus nadat sy tuis gekom het, nuuskierig tik sy vinnig die selfoon nommer in haar foon en druk die bel knoppie.

“Hallo dit is Anelda” sê sy vinnig toe sy hoor iemand antwoord, daar is geen terugvoering nie en vir omtrent 2 minute stilte, sy sê toe weer.
“Hallo dit is Anelda, jy’t jou nommer in die kaartjie gelos vandag, saam met die pragtige pers bos blomme wat jy vir my gestuur het, baie dankie dit is voorwaar pragtig”
“Plesier, ontmoet my by die italiaanse eetplek daar naby die Wimpy want ek neem aan ons kan mekaar nou beter leer ken?” sê-vra die manlike stem agter die foon.
“Dit is reg ja ek klim gou in my kar en ry” antwoord Anelda opgewonde terug.
“Baie dankie, ek wag reeds hier vir jou, by tafel 3” sê die man weer en hulle sê totsiens, Anelda klim in die kar want sy wil weet wie is die man wat so baie van haar hou, sy hunker in elk geval solank daarna om weer bietjie bederf te word, en weer liefde in haar lewe te hê, toe sy by die eetplek aankom, by tafel 3 wat pragtige versier is met pers blomme, staan sy heel geskok, oor wie sy daar sien.

“Sersant Cilliers!! Ek het wel vir Kaptein Steyn verwag, maar hierdie is nou werklik waar ‘n groot verrasing” sê Anelda verbaas.
“Kaptein Steyn is oorgeplaas na ‘n ander dorp, ja hy het ook van jou gehou maar was te bang om ‘n “move” te maak, ek is ook al van die begin af baie mal oor jou” sê die 40 jarige Cilliers.
“Kom sit ek gaan jou nie in ‘n verhouding druk waarin jy nie wil wees nie, ek wil net hê ons moet mekaar baie goed leer ken voor so iets gebeur” sê Cilliers weer.
“Mens kan sommer aan sy parfuum ruik hierdie is ‘n ruik toppie” dink Anelda laggend. Anelda gaan sit toe in die stoel oorkant hom by die tafel, besluit toe maar om hom ‘n kan te gee, al is hy ook elf jaar ouer, na ‘n uur se lekker kuier, gesels, eet en drink word dit laat, maar terwyl hulle, hul laaste drankie geniet raak hulle in ‘n oomblik vasgevang, daai oomblik, en hulle begin mekaar passievol soen, nou is sy ordentlik verlief en hulle besluit toe gedurende die nuwe week om ‘n verhouding ‘n kans te gee.

Die einde ….

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou
17H45nm 27/03/2016




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 117
Kommentaar telling: 46

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 152 gaste aanlyn

Bydrae Totale