Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Helder pêrelmaan

Deur Palet
Datum gepubliseer: 10 September 2020 Aantal woorde: 107 88 Kere gelees 3

Liefde is ‘n dons’sagte woord
dit laat jou dans, sing en lag
soms huil ook, opbreek in stukkies
maar dit laat jou altyd terugdink,
aan ‘n helder pêrelmaan in die donker nag

Proe soos heuning, en suikerbossie in jou mond
dit steel jou hart, en voor jy werklik besef
verkleur dit jou hart rosig pienk
‘n gevoel om te onthou, of dalk te berou

Dit is tydloos, onsigbaar
dit is ‘n ervaring so emosioneel
dit is soos reëndruppel’soene
verlief te wees, ontelbaar gemeet aan vreugde

Speel-speel sag met jou
laat jou dryf soos balonne,
tussen wit sagte wolke
“maar soms dryf die lewe liefde weg”.




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    10 September 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2020 – Liefdes-projek

  2. Koos Elsum

    11 September 2020

    Ek sal sommer weer verlief raak op die liefde en dis belangrik, dankie vir jou gedig.

    Een klein kritiek lees altyd jou gedig anders spel Tannie Google vir jou emosioneel as emotioneel.

    Ek glo ons leer deur te ander te lees en kommetaar te lewer. Ek het onderneem om ń kommetaar telling teen 10% of beter vd aantal eie plasings te onderhou. Kan ek jou vra om dieselfde te doen en so die Ink ervaring te verryk vir almal.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 393
Kommentaar telling: 354

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 45 gaste aanlyn

Bydrae Totale