Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Goue winter

Deur Palet
Datum gepubliseer: 25 Junie 2019 Aantal woorde: 470 95 Kere gelees 2

Dit is winter in die woud, oral lê spierwit sneeu. Klein Lila kyk by haar kamer’venster uit en verwonder haar aan die sprokies wêreld daarbuite. Haar ogies glinster soos blou kristalle in die maanlig, sy en haar pa gaan môre ‘n kersboompie soek want dit is oor ‘n week kersfees. Sy is baie opgewonde, daardie nag droom sy van ‘n boom wat sy ontdek het weggesteek tussen al die ander bome.

“Pappa! kom ons moet ‘n boompie gaan soek voor dit weer begin sneeu,” skree sy kliphard voor haar ouers se kamerdeur.

Haar pa trek vinnig aan, en gaan haal sy graaf en snoeisker in die stoor. Hy groet sy vrou, sy druk ‘n pakkie eetgoed in sy sak, en iets om te drink. Die wind waai ysig buite, oral het ys kristalle deur die nag. Die son skyn helder, so helder dat dit hulle vir ‘n oomblik verblind. Dit is ‘n asemrowende mooi dag, ‘n beeldskone oggend.

Lila en haar pa loop tot diep in die woud, die sneeu is baie sag en hulle loop moeilik daardeur. Later rus hulle eers, en eet van die heerlike toebroodjies wat haar ma gemaak het.

“Kom Lila, ons is amper daar. Ek het gehoor by iemand dat daar baie boompies is aan die onderkant van die berg. Daar skyn die son flouer en die bome groei nie so vinnig soos hierbo nie. Na ‘n paar uur se stap, is hulle daar. Dit is ekstra koud hier onder, en Lila trek haar serp stywer om haar nek. Sy kyk oral rond, maar kry nie ‘n boompie waarvan sy hou nie.

Dit is al middag en nog steeds soek hulle, dan skielik vlieg daar ‘n groot duif oor hulle en gaan sit in ‘n boom. Dit is ‘n baie ou boom hy’s al amper dood, sy takke kraak wanneer die wind daardeur waai. Hy staan half eenkant, amper net soos sy gedroom het. Sy hardloop na hom, en vou haar armpies om sy bas.

“Ek wil die een hê pappa!”

Haar pa skud egter sy kop, die boom is te groot en te oud. Hy het geen blare meer nie, daar is baie ander kleiner en jonger bome wat baie mooier lyk. Hy verstaan nie hoekom sy nou juis die boom wil hê nie. Maar later stem hy maar in, na ‘n gesukkel kry hy die boom los uit die sneeu.

Lila het die boom mooi versier, haar ma het hom in ‘n groot pot gesit. Hy staan langs die kaggel’vuur, dit is die mooiste kersboom wat Lila al ooit gesien het. Oral om die boom lê geskenke in vrolike kers’papier toegedraai.

Vir jare daarna was dit hulle kersboom, en elke winter het Lila hom versier. Die boom was amper dood, maar nou is dit ‘n spesiale boom, met ‘n nuwe doel.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    25 Junie 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 355
Kommentaar telling: 349

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 66 gaste aanlyn

Bydrae Totale