Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Gevaarlike liefdespel..

Deur Timothy Timmie De Vos Botha
Datum gepubliseer: 18 April 2016 Aantal woorde: 1449 898 Kere gelees 6

” Jy dink seker ek maak ‘n grap as ek sê ek is lief vir jou Lizelle! Ja, ek en Janine is in ‘n verhouding maar ek gee vir haar vanaand die nuus dat ek jou onvoorwaardelik lief het, sy gee nie meer om vir my nie!” beloof Jan-Hendrik.
“Nee moet asb nie Hennie, sy gaan na my toe kom en my die skuld gee vir julle verbrokkelende verhouding en ek het dit rerig nie so bedoel nie, mens kies nie op wie jy verlief raak nie” smeek Lizelle, met trane wat rol oor haar wang.
“Twak man! Ons probleme het al begin nog voor ek jou ontmoet het, en sy weet dit! Kan ons haar nie dan nie maar saam vertel nie dan sal ek haar sê dis nie jou skuld nie?”
Lizelle het nooit in haar lewe gedink sy sal haar in so ‘n situasie vind nie, sy was die lelike eendjie in die gesin, in die skool het geen ou in haar belang gestel nie, wat het dan nou verander?

“Maak soos jy wil!” sê Lizelle nors kortaf.
“Ag moet nou nie so wees nie asb Lizzie” smeek Jan-Hendrik.
“Ploep, ploep!”
“Mooi nou het sy die foon in my oor neergesit” dink Hennie nors by homself.
Lizelle gaan verder aan met haar werk want Spur is baie besig en sy as bestuurderes moet sorg dat alles altyd glad loop, die eienaar is ‘n baie kwaai ou-man, etenstyd kom Jan-Hendrik sommer daar by haar werk aan gewals.
“Lizzie kan ek gou met jou praat asb, dis nogal dringend!” sê-vra Jan-Hendrik.
“Kan dit nie wag nie, dit is nogal besig hier? vra Lizzie, en sy klink nie eers kwaad vir hom nie.
“Ek het gesê dit is nogal dringend, Lizzie! Asb?”
“Fine gaan sit solank daar buite en wag vir my asb, dat ek net gou die kliënte help, hulle wag al baie lank” antwoord Lizzie vriendelik.
“Dit is reg ek maak so dankie Lizzie!” sê Hennie tevrede. Dit is vyftien minute later, Hennie bewe erg en almal kyk hom snaaks aan, net toe hy wil opstaan om na Lizzie toe te stap kom sy na die tafeltjie toe gestap waar hy sit.

“Wat is so dringend wat nie kan wag nie?” vra Lizzie nuuskierig.
Jan Hendrik begin kliphard huil, nou sit en staar die mense eers, want ‘n man mag mos nie huil nie.
“Hennie ek gee nie om as ‘n man huil nie maar dis rerig baie hard, kom stap saam my” sê Lizzie en vat sy hand, hulle stap na die agterkant van die Spur, as hulle vorentoe kyk sien hulle die pragtige see.
“Wat is fout my skapie?” vra Lizzie bejammerend terwyl sy hom omhels vir ‘n lekker drukkie, Jan-Hendrik stoot haar weg!
“Jammer, uhm ek bedoel dit nie so nie” sê Jan-Hendrik en begin weer kliphard huil.
“Nou hoe het jy dit bedoel, wat de hel gaan aan? Hou op om so aan ‘n lyntjie te hou, sê my net asb!” skree Lizzie kliphard, gelukkig is daar niemand naby om te hoor nie.

Jan-Hendrik probeer moed bymekaar skraap om haar te sê, net toe hy dit als bymekaar het om haar te sê lui haar selfoon, maar sy drik dit dood.
“Dit kan wag, ons is belangriker, sê my nou wat is fout toe?” smeek-vra Lizzie.
“Vanoggend by die werk nadat ek met jou op die foon gepraat het, het die polisie my gebel en gesê ek moet dadelik na my huis ry om ‘n lyk uit te ken, toe ek daar kom……toe….toe… toe is dit Janine wat vermoor was….” sê hy sukkelend en sak ner op die grond.
“Hennie is jy okay ? Hennie?” roep Lizzie uit.
“Nee hy is bewusteloos, wag mond tot mond asemhaling werk dalk” dink sy by haarself en sak neer op haar knieë en begin met mond tot mond asmhaling, na drie minute se gesukkel kry sy om uiteindelik weer by, intussen het sy gou haar vriendin in Spur gebel om suiker water te bring, vir Hennie, vir die skok! Sy voer dit half en half vir hom, dit maak nie saak wat sy doen nie, sy sal berge klim vir hom, sy het hom dit al beloof. Na ongeveer vyftien minute is Hennie weer op sy bene, reg om sake reg te ruk, al is sy geliefde Janine nie meer met hom nie.

Na werk dink Lizzie by haarself terwyl sy kar toe stap:” Ek gaan hom maar net eers ‘n paar dae kans gee om te herstel, tydjie af tussen ons kan ons dalk goed doen, dis dalk net wat die dokter vir ons voorgeskryf het.”Spoedig sluit sy die kar aan en ry huis toe, oppad na haar huis kry sy ‘n oproep, dit is Jan-Hendrik.
“Moet ek antwoord, moet ek nie?” dis die vraag wat sy die heeltyd vir haarself vra… En die foon wil nie ophou lui nie, sy gee naderhand moed op en antwoord maar toe die foon.
“Hallo” probeer sy vriendelik klink.
“Hi Lizzie, ek wil net sê baie dankie vir vanmiddag, jy’t my lewe gered, baie dankie!” sê Hennie dankbaar. Dit klink nie of daar nou met hom iets skort nie!
“Dis ‘n groot plesier dit is ‘n groot seëning dat ek daar was, en ek is bly ek kon help” antwoord Lizzie tevrede.
“Thanx jy’s die beste, ons gesels weer, ek wil net gou paar sakies afhandel, sê my werk jy môre of is jy af?” Sê-vra Jan-Hendrik.
“Jong ek werk halfdag, tot 2 uur hoekom vra jy?”
“Nee ek wil net kyk of ek draai by jou kan maak, sodat ek jou ordentlik dankie kan sê?”
“Dit is reg, dit sal nice wees om jou weer te sien, sterkte ons gesels weer, ek is eintlik besig om te bestuur”
“Ja jy hou mos nie daarvan om op jou foon te werk terwyl jy bestuur nie, dis reg dankie, sien jou more middag een uur” antwoord Hennie terug, hulle sê weer totsiens en Hennie drik sy foon dood.

Die volgende oggend toe is Lizzie vroeg op en maak reg vir werk, terwyl sy besig is om make-up aan te sit sing sy heerlik saam met die musiek wat op haar foon speel, haar foon wat op haar spieëlkas lê waar sy tans besig is. Skielik lui haar foon, dit is Hennie.
“Shame hy het my seker gou nodig kom, ek antwoord maar” dink Lizzie by haarself, sy voel gevlei.
“Hallo my skapie” antwoord sy opgewonde.
“Hi hi, asb die tyd is nog nie reg vir byname nie Lizzie, sien ek jou nog vanmiddag?” vra hy nuuskierig.
“Ja dis reg as jy nog wil kom, ek sal vir jou sit en wag by ons gunsteling tafel.”
“Dis reg dankie, ek kan nie wag om jou te sien nie, sjoe dis nie lekker so alleen nie” sê Hennie met ‘n bejammerende stem.
“Cool ek ook nie, sien jou dan lekker dag!”
“Goed lekker dag daar” groet Hennie en drik die foon dood.
Die dag gaan toe spoedig verby en half twee sit Lizzie by die tafel voor Spur, waar hulle gesit het op hulle eerste date, die Spur is erg besig maar sy is mos bestuurder, die ander werkers is hard besig en alles is onder beheer, wel volgens haar, daar kom twee mans met blou klere tot voor haar gestap en hou stil.
“Goeie dag dame ek is Inspekteur Van Vuuren en hierdie is my partner, Kaptein Cilliers, is u mevrou Lizelle Van Der Merwe?”
“Ja dis reg, waarmee help ek?” vra Lizzie en haar hart begin tien keer vinniger klop, sy sien vir Jan-Hendrik ook by die winkelsentrum ingestap kom so uit die hoek van haar oog.
“Het hy iets hiermee te doen, of wat?” is die vrae wat heeltyd by haar opkom.
“Mevrou Van Der Merwe, u word gearresteer vir die moord op Janine Pretorius, en bedrog. U het die reg tot ‘n prokureur en as u nie een het nie sal die staat graag vir u een gee.” sê die inspekteur. Al die werkers van die Spur staan en kyk geskok na die gedoente wat nou voor hulle oë afspeel, hulle kan nie glo wat hulle hoor nie, moord! Die getroue vriendelike vrou wat vir 6 jaar hulle bestuurderes was? Jan-Hendrik is nou al amper by die polisie, Lizelle se boeie is reeds aan, hulle stap toe uit met haar tot by die polisie kar, op die pad loop Jan-Hendrik verby haar, sy kan hom nie in die oë kyk nie.
“Hoe kon jy??? Ek het haar steeds lief gehad!!!” skree hy kliphard en sy oë begin eintlik traan van die woede.

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou …




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    19 April 2016

    sjoe wat n verrasende einde! Ja nee so skelm verhouding kan nooit goeie gevolge he nie.. heerlik gelees

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 117
Kommentaar telling: 46

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 135 gaste aanlyn

Bydrae Totale