Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Droom of Psigose

Deur morne du preez
Datum gepubliseer: 9 Julie 2019 Aantal woorde: 161 61 Kere gelees 2

In die donker-ruim versuim
boos besoedelde droom
spook ‘n skyndood spook
klandestien in sy lag

Slaap ken ek nie méér
”veronderstel jy probeer”
sê die gedaante
en lag en lag en bly lag

ek wonder oor die ding
wat so hoepel en spring
koggel en paai
met sy lag so kras

sing hy…
”ek eet malmokkies”
”ek eet malmokkies”
”ellendeling,ellendeling”

Verwaand kyk ek hom aan
bespiegel ‘n woord
te hore aan sy naam
al te versmaai

miskien is hy bang vir ‘n kat
en los my in slaap
sal ek maar droom…
Droom van ‘n kat?

”ellendeling,ellendeling”
”ek eet malmokkies”
”ek eet malmokkies”
hoepel en spring

ek protesteer
teen hierdie Duiwelse-ding
wat net malmokkies eet
sal hy my naam vergeet?

”ellendeling,ellendeling”
sal jy dan nie aanhou droom?
Protesteer die duiwelse-ding
”ek eet malmokkies”

malmokkies,malmokkies!
Skreeu ek toe uit
en slaan na sy kant
malmokkies,malmokkies!

vind ek myself
slaap…

slaap onder ‘n
Eekhoring-boom

©Morné du Preez




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 41
Kommentaar telling: 22

n dromerkind van oud nuut in skryfkuns maar die woorde hou my snags wakker,kunstenaar. Leser,loper advontuurus,hengelaar. ek hou my asem op om die hemel te kan vind waar ek nie anders is nie maar een wat nie anders is as ek myself nie.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 93 gaste aanlyn

Bydrae Totale