Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Dag

Deur Kiekies
Datum gepubliseer: 19 Junie 2019 Aantal woorde: 327 139 Kere gelees 1

’n Moedersdag. ’n Vadersdag. Dink iemand… weet iemand ooit hoe ’n ouerhart op so dag kan brand-pyn kramp. Ouers wat ’n kind aan die dood afgestaan het.
In die kerk is kindertjies opgewonde. Hulle gaan vandag in die kinderkerk presentjies maak vir Pa. Vooraf word alle kinders wat ’n pa in die kerk het, genooi om hulle pa te kom voorstel. Almal tussen ouderdom ses en sewe-en-dertig neem deel.

Vir sommige pa’s is daar nie iemand wat sy naam sal noem nie. Nie omdat sy kind iewers anders woon of kuier nie. Dit sou maklik gewees het. Maar dis omdat sy kind nie meer hier op aarde is nie. Daar is ’n reuse gat in sy gesin. Vandag, meer as enige ander dag, is hy intens bewus van sy onvolledige gesin. ’n Leë stoel by die tafel. Net ’n stem op die laaste gesels boodskap en die antwoord diens. Geen ‘Hallo Pa’ oproep nie. Nooit weer nie.

Daar is ’n jong seun in die diens. Sy ma is klompie maande gelede dood aan kanker en drie maande gelede het sy pa self-dood uitgevoer. Hy kan nie daar voor gaan staan nie. Hy het nie meer ’n pa nie. Hy is die enigste kind wat bly sit. Hoe seer brand die vuur van herinnering nie in die middel van sy hart nie? Op hierdie dag veral.
Meeste pa’s en kinders is verspot en trots en gelukkig. Hier en daar is ’n pa en ’n seun, wie hard sluk aan ’n knop wat wurg in die keel. Wie sy gedagtes probeer wegdwing van die onthou af, wat dreig om hom te verdrink. Dit werk nie.

Hoe onsensitief kan die mensdom tog wees. Selfs binne-in die kerk. Waar daar liefde en omgee behoort te wees. Waar swaarkry gedeel, halwe swaarkry moet wees.
Nee, niemand wil die dag kanselleer of op die Vadersdag parade piepie nie, maar is erkenning en herkenning dan te veel gevra?

Ek vra maar net…




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    19 Junie 2019

    Eina…. stuur baie liefde en n *Drukkie*

  2. Ano

    20 Junie 2019

    Ja, en dan probeer ek myself daaraan herinner dat 99% van die mense nog warm en gelukkige hartjies het. En dat die illusies omtrent hierdie opgeblase belangrike dae nog nie tot niet is nie. Maar … ons gaan nie met sulke geleenthede kerk toe nie want ek wil meerendeels nie onnodiglik herinner word aan n tyd toe ek ook nog baie onskuldig en tevrede saam fees gevier het nie.
    En vanwaar die gebruik om mense vorentoe te roep? Net om te sien wie in die banke agterbly? OK, ek weet dit is darem nie die bedoeing nie, maar wens dikwels dat dit nie so uitgelig sou word nie. En dan is daardie selfde vorentoe roep vir party mense n wonderlike seen en ander wil net verdwyn. Ouch!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 43
Kommentaar telling: 554

Stories gebeur met my. Rondom my. Naby my. Al wat oor bly is om dit oor te vertel.

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 129 gaste aanlyn

Bydrae Totale