Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Bloedrooi kruis

Deur Palet
Datum gepubliseer: 16 Oktober 2019 Aantal woorde: 509 169 Kere gelees 4

‘n Ou Tannie sit op ‘n bankie in die park, en kyk hoe die eende in die dam rondplas. Langs haar sit haar hond, dierbare Wagter, hy pas haar op sedert haar man oorlede is bly oral aan haar sy seker ook bang dat sy sal verdwyn. Sy woon al jare in haar huisie, ‘n klein huisie maar met die mooiste tuintjie vol kleurvolle blomme.

“Kom Wagter, dis tyd dat ons huistoe gaan dis amper donker.”

Wagter strek hom lui-lui uit en gee ‘n opgewonde blaf, uit oudergewoonte. Die hekkie kraak toe sy hom oopmaak, al verweer en vol roesplekke van ouderdom. Langs die groot boom lê Sabastiaan die kat opgekrul en slaap, hy spring op toe die agterdeur oopgaan en hardloop stert in die lug die huis in. ’n Effense briesie waai, en die Tannie maak haar vensters toe en ook die gordyne. Die soetigheid van vars beskuit’reuk hang nog in die kombuis, sy’t vanoggend gebak voor sy parkie toe was.

Die aande voel soms so lank vandat haar man oorlede is, sy kyk in die straat af en sien weer hoe haar man altyd van die werk afgekom het met sy ou ford. Dan sien sy hoe die groot donker om haar begin toesak, met half traan gevulde oë vol hartseer kyk sy dan weg.

“ My wêreld voel soms so sonder kleur my ou man, ek mis jou so ontsettend baie.”

Die trane het stil oor haar wange geloop. Sabastiaan het op haar skoot gaan lê en saggies haar hand gelek. Sy kyk na ‘n stukkie grou klip op die tafel, sit dit in haar hand en maak dit styf toe. Groot bloedrooi rose giggel in die verste hoek, sy weet nie of dit uit wanhoop en pyn is nie maar rose in die huis laat haar altyd weemoedig voel.

Sy loop kort-kort na die stoof toe en lug die silwer dekseltjie op van die potjie, ‘n skerp ruikende bredie is besig om te prut. Na ete het sy styf-styf onder die groot ou grou kombers gaan sit, terwyl Wagter rustig in sy mandjie op die vloer lê en slaap.

Sy raak aan die slaap en droom van ‘n wit-gekalkte geboutjie iewers op ‘n strand. Tussen die bome en sand staan haar oorlede man, in ‘n wit en swart gewaad. Op sy hand het ‘n mossie gesit, en hy het ge’glimlag vir haar. Langs hom het ‘n vrou gestaan in ‘n spier-spier wit rok wat haar van kop tot tone bedek het. ‘n Groot bloedrooi kruis het om haar nek gehang, sy het gelyk soos ‘n Griekse Godin.

“Wie is jy?”, vra die ou Tannie half bang.

Met wit glimmende skoentjies loop sy na haar, en kom regoor haar tot stilstand. Haar oë is vasgenael op die ou Tannie.

“Jy hoef nie bang te wees nie, ek bring vir jou ‘n boodskap van jou oorlede man.” Praat sy in ‘n hees stem.

Sy gee vir die ou Tannie ‘n botteltjie vol seesand, en haar oorlede man waai vir haar vir ‘n laaste keer.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    16 Oktober 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2019 projek – Kleur

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 378
Kommentaar telling: 354

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 61 gaste aanlyn

Bydrae Totale