Jongste aktiwiteit:

‘n Biddende Moeder

Nie net voor haar bed, in die stilte van die nag,
Maar regdeur haar besige dag,
Sal jy ‘n biddende moeder voor God sien smeek,
Om vloeke oor haar kinders in Sy naam te breek.

Geestesoorlog sal sy ongetwyfeld bly voer.
Sonder dat sy in wanhoop bly sloer,
Vir haar nageslag se oorwinningsdag.
Buite die berreik van die vyand se mag.

Knieë in eelte weggevorm,
Om haar kinders te bevry van die lewe se storm.
Moedig sal sy voort baklei teen prinsipale en magte,
Maar oorwinning is sy altyd te wagte.

Biddende moeder, jy is meer kosbaar as goud.
Jy is vir jou nageslag die aarde se sout.
Gaan voort in jou kennis met geveg in gebed,
Hiermee sal jy jou kinders se siele vir God red.

Paula Paxton©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed