Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n baie koel Februarie

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 26 Februarie 2016 Aantal woorde: 115 940 Kere gelees 13

 

van nou af
oor ‘n maand
teen hierdie tyd van die aand
sal dit skemer wees . . .
ek weet

die son sal nog effe
agter Tagelberg gloei
en ek sal verstom wees
oor die kleur van ‘n hemel
wat so bloedloos
kan bloei

die populiere se blare
sal nouliks nog hang
en die eerste koeltes
sal ~ half onwelkom ~
die soeltes vervang

ja, ek is een
wat oor die winter kan wroeg
oor die grou en die grys en die koud
en Maart se lelies is reeds aan die blom
‘n hele vier weke te vroeg.

hierdie tyd van die aand
van nou af, oor ‘n maand
sal dit skemer wees . . .
ek weet

C. Shaw
26 Februarie 2016




TEMAS
10 Kommentaar
  1. Anze

    26 Februarie 2016

    wow.. MEESTERLIK!!!!

  2. neels

    26 Februarie 2016

    Ek stem saam met anze jy oortref jouself hier

  3. Charleine

    27 Februarie 2016

    Pragtig, Carma!

  4. Desiréé

    28 Februarie 2016

    My gunsteling … jou openingstrofe 🙂
    Baie mooi geskryf.

    • Viooltjie

      28 Februarie 2016

      Baie dankie vir die saamlees en kommentaar, Borrels. Ek waardeer dit baie.

  5. Kiekies

    10 Maart 2016

    Applous applous applous aanhoudende applous! Wonderlike gedig!

  6. Viooltjie

    14 Maart 2016

    Baie dankie, Kiekies. Ek waardeer baie 🙂

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 370
Kommentaar telling: 925

Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 63 gaste aanlyn

Bydrae Totale