Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: My Vriend

Deur Amaspoke
Datum gepubliseer: 14 Mei 2019 Aantal woorde: 192 34 Kere gelees 3

Jou krag en moed is die vuur wat in my brand,
as ek twyfel offer jy jouself en neem my hand,
jou oë is die rigtingwyser wat my oplig as ek ly,
dit gee my rede om te stry teen dit wat my verlei.

Wanneer gevoelens my harts-balans versteur,
jou lewenslustige wese my lewe wil kom beheer,
kom in gedagtenis beelde van jou terug na my,
terwyl jou kalmte se rustige streling spoel oor my.

Jy laat my verstaan, jy verdryf die dwaasheid,
vrede en geluk kan ek net vind in jou vryheid,
ek plaas my redding in ‘n kardoes wat ek wil stoor
sodat waarheid se antwoord in stilte kan versmoor.

In skaamte moet ek sê, ek het jou te na gekom,
want verstaan die het ek nie, nou staan ek stom,
net gister het ek gesê ek sal die antwoord kry,
more is nog ‘n dag, dan kan ons daaroor stry.

Die harde werklikheid dryf my nou tot diepe berou,
deur jou te plaas in hierdie kardoes versmoor ek jou.
Vandag het ek uiteindelik my ware antwoord gekry,
deur weg te hardloop sal vrede en geluk wegbly.

14/05/2019 © C. du Plessis




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. Anze

      Mei 15, 2019

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2019 projek

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 61
    Kommentaar telling: 129

    Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.Ek het vandat ek by Ink aangesluit het reeds 2 bundels (Dubio en Askuus) die lig laat sien en van my werk is geplaas in Brose Genade, 'n bundel wat in 2015 deur Anze Bezuidenhout saamgestel is vir KANSA, en in Inkspraak, 'n bundel wat in 2017 die lig gesien het.  Ek is tans besig met 'n derde bundel.

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 2,846 gaste aanlyn

    Bydrae Totale