Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: My televisiemonster

Deur Taai
Datum gepubliseer: 6 Julie 2020 Aantal woorde: 113 60 Kere gelees 2

Ek was te jonk
toe almal met opgehoue asem
jou geboorte in spanning
vasgenael tyd afgetel het

jou fanfare dag het toe aangebreek
met kort asemteue jou lewe begin
gou het jy stil jou babaskoene ontgroei
om diep spore in ons lewens te kom trap

ons beste vriend het jy geword
ure van pret verskaf jy nog
ons lag en huil heerlik saam
onwetend sluk jy ons familietyd

stilletjies het jy jou lekker tuis gemaak
jou winkende oog verswelg ons lewens
sonder jou voel ons verlore
onbewustelik aanbid ons jou

kosbare ure deel ons met jou
waardevolle gesinstyd altyd verlore
jou televisielyf soek ons alewig
onwetend betaal ons ’n dure prys.

© Taai Bonthuys




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Koos Elsum

    6 Julie 2020

    Meskien moet ons tyd koop en die gedig net voor die sport of die nuus laat lees!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 43
Kommentaar telling: 4

Digter, Skrywer en professionele rekenmeester.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 56 gaste aanlyn

Bydrae Totale