Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: My stilte – Opdrag 8

Deur Alet
Datum gepubliseer: 31 Augustus 2018 Aantal woorde: 87 281 Kere gelees 4

Opdrag 8

Stilgedig
Gedig bestaan uit 7 reëls
Die woord stil (in enige vorm) verskyn in elke versreël
Daar moet van ten minste een vorm van beeldspraak gebruik gemaak word
Emosie moet in die gedig weerspieël word

My stilte

koue stilte kom lê binne my
dof donker breek my hart stil-stil
en verwese omarm die stilte my
stilvrees omvou my gebreekte hart;
stomstil beweeg die seer deur my
die stilte van jou weggaan verskreeu my
en ‘n stille traan word my ewige metgesel

Kopiereg: A Enslin




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    31 Augustus 2018

    Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie

  2. Callie Vermeulen

    31 Augustus 2018

    Oulike skepping Alet – Welgedaan.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 12
Kommentaar telling: 38

Ek is 'n taalversorger by die Departement van Onderwys gesetel in Bloemfontein. Ek lief om te dig en op hierdie manier gee ek uiting aan my kreatiwiteit

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 96 gaste aanlyn

Bydrae Totale