My Ode aan Jou
Vannaand wil ek my verdrink
in jou borrelbad van onbeskaamde liefde
en die geure van jou vrouwees
inadem
om weer mens te word
Vannaand wil ek weereens,
Myself vind in jou arms…
Jou liefde warm teen my voel…
en proe
onherroeplik verslaaf aan jou
En wanneer die sagte oggendlig
Die oosterkim verlig,
Wil ek jou net vashou,
Jou asem voel…
En saggies in jou hare huil
© F Jansen van Vuuren
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
waow