Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: My Liefde

Deur Woordsmous
Datum gepubliseer: 14 Januarie 2020 Aantal woorde: 128 151 Kere gelees 3

My liefde is die sonstraal
wat die skaduwees verdryf
as die hartseer oor jou toesak
soos die skemer in jou lyf
Dis die najaarsreën wat uitsak
oor die droogte in jou siel
as die seer van jou verlede
jou binnekant verniel
My liefde is ‘n donskombers
teen die winterwind se kou
as die eensaamheid se koue
sy arms om jou vou
My liefde is ‘n veermatras
om jou kom lê mee sag te maak
as oudag se herinnerings
jou gedagtebed kom kraak
My liefde is die maanlig
vir die donkernag se bang
as die spoke van jou seerkry
dreig om jou te vang
So vou my liefde om jou
soos ‘n sagte velkaros
dan kan jy al jou pyn en hartseer
op my liefdesaltaar los…

© Anton Bosch 03/01/2020




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    15 Januarie 2020

    Pragtig, daar word ongelukkig net 2 inskrywings per afdeling vir elke projek aanvaar

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 117
Kommentaar telling: 42

Ek is 'n gebore Boerseun uit die ou Wes-Transvaal. Alhoewel ek die afgelope twaalf jaar in Ierland woon is ek steeds in murg en been en bloed 'n Afrikaner. Weens die liefde vir my taal het ek die pen opgeneem en dig hoofsaaklik in my Afrikaans. Ek is maar 'n groentjie in die digwêreld, het nog nooit 'n bundel gepubliseer nie, maar my passie vir Afrikaans sal sorg dat ek die pen nie weer neerlê voor ek my kop in finale rus neerlê nie. So, tot dan smous ek maar met my woorde...

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 63 gaste aanlyn

Bydrae Totale