Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: My kanna in Kappadosië – Eduard Smith

Deur Eduard Smith
Datum gepubliseer: 19 Februarie 2020 Aantal woorde: 83 35 Kere gelees 1

Selfs ‘n kannabos in Kappadosië
sal nie so behaaglik soos jy kan wees nie.

Hulle wat dink hul weet
wat en hoe die liefde moet kontoer
dra geen benul
van die landskap en kringpad
waar ons mekaar
dor en dors gekry het nie.

In die amperwoestyn,
met aortas afgebind
deur sogenaamdes,
daar, net dáár het ons
mekaar gekry en bevry
met vonkelnuwe teue.

Daarom, vir my
sal selfs ‘n kanna in Kappadosië
nooit so mooi soos jy kan wees nie.

©Eduard Smith 2020




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 29
Kommentaar telling: 46

Laat ek in stilte trap voor die deur waar jy jou woorde berg, soveel so, dat as tyd verloop, jy die sagtrap as vriendskap en die stilte as goedkeuring sal ervaar.  Laat my woorde jou vertel wie ek is.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 55 gaste aanlyn

Bydrae Totale