Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: MY HART IS ROU

Deur VlooiBoynton
Datum gepubliseer: 5 Desember 2018 Aantal woorde: 159 23 Kere gelees 1

dis asof my lewe se osoonlaag sopas vergaan
daar is net donkerte daar voor waar ek staan
alles in my begin bewe
en ek wonder is dit regtig my lewe?

dit raak donker en daar is net stilte wat ek hoor
wat jy my nou net vertel het, het my binneste versmoor
is dit iets wat enige vrou wil hoor?

dink dit sou beter wees as jy my net eerder vermoor
ek voel naar, siek en goor
maar tog moet ek maak of ek bly is dat jy so iets met my deel
voel dit of as jy ʼn mes vat en druk deur my keel

hou my hand styf vas langs jou sy
is jy nog lief vir my?

nou sit en wonder ek wat soek ek nog hier
my hele lewe lank moes ek veg vir jou
hoe lank kan ek dit nog emosioneel bymekaar hou?
my hart is bitter seer en rou
——-ooo000ooo——-

(© Kopiereg: Vlooi Boynton)




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. Anze

      Desember 5, 2018

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2018 projek

    2. VlooiBoynton

      Desember 5, 2018

      Dankie vir die geleentheid om deel te wees, en baie dankie vir die tyd wat in gesit is om my werk te lees.
      Dit word hoog op prys gestel.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 13
    Kommentaar telling: 13

    Ek bedryf my lewe intuïtief, en het dadelik geweet ek moet my gedagtes in gedigte toonset Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Mag ons nog lekker saam lag en huil

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 26 gaste aanlyn

    Bydrae Totale