Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: MY HART

Deur Laantie le Roux
Datum gepubliseer: 17 Januarie 2020 Aantal woorde: 164 41 Kere gelees Hou van

MY HART

by branders wat breek verf ek ‘n bloedrooi hart
op ‘n koëlronde klip uit ‘n waenhuisgrot se bek

ek hou dit teen my lewenskas vas
‘n traan drup en word weg gewas
soutwater spletterspat teen my skeen

vêr deur die dorre Karoo dra ek my bloedrooi hart
totdat die maan daaroor stap

oor doringveld van die Noord Weste
hou ek my hart doodstil uit totdat
die son sy laaste in sy sak laat sak
my liefste kom uit hierdie geweste

die Oranje se water spoel koel
om my hart af te spoel

versengende hitte op die geteerde pad
na die stad laat sweet val op my hart
die klip verhard

swaar dra ek my hart straat af
en vryf glimlaggend oor my rooie hart

by sy voordeur rol ek my hart
dat gruisklippies spat

liewe mens ek gee jou my hart
laat dit vasgroei aan jou linker ribbekas
sodat ons liefde kan gons soos dit was

©Laantie le Roux
17/01/2020
18h23




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 7
Kommentaar telling: 1

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 24 gaste aanlyn

Bydrae Totale