Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: MY BESTE MAAT

Deur VlooiBoynton
Datum gepubliseer: 5 Desember 2018 Aantal woorde: 292 21 Kere gelees 1

elke vrou wat jou lewe betree vergelyk jy met dieselfde seer
want almal wil jou lewe en ʼn bietjie van jou menswees verander
maar die ergste vir jou is as hulle jou hart probeer wen
want dit is iets wat jy self nog probeer leer ken
jy is bang vir die rou en seer
maar dit is klaar al wat onder jou aarbanke vas klou

ek wil jou help maar jy stoot my weg
sodra jy dink iemand jou begin leer ken
wyer jy om toe te laat dat iemand net ʼn kwart van jou hart raak
jy sal eerder alleen met jou eie pyn die pad versuim
al kos dit om die wat lief is vir jou vir ʼn ruk te verlaat

jy hoef niemand toe te laat nie my maat
soms help dit net om met iemand te praat
sonder dat hulle menswees jou siel hoef te verlaat
is beter as wat jy hulle los met ʼn konstante wonder
ek wil hê jy moet weet ek het jou lief nes jy is
al is dit in gister, vandag of die môre wat dalk vir ons wag

om weg te stoot roep my net nader aan jou skoot
kom sit by my en ek sal saam jou lag en huil
sonder om jou lewe vir jou te probeer ly
ek sal luiters na jou seer en kwaad
al het ek nie altyd die regte raad
dan kan ons dit ophang agter die draad
en aanbeweeg tot die volgende seer ons weer betree
ek is hier vir jou nie net in tyd van geluk en vreugde nie
maar ook in jou alleen, pyn en seer
al wat ek wil hê jy moet weet is dat ek regtig vir jou omgee

——ooo000ooo——
(© Kopiereg: Vlooi Boynton)




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 13
    Kommentaar telling: 13

    Ek bedryf my lewe intuïtief, en het dadelik geweet ek moet my gedagtes in gedigte toonset Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Mag ons nog lekker saam lag en huil

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 54 gaste aanlyn

    Bydrae Totale