Jongste aktiwiteit:

Drink op gister

As die stille donkerte van die nag,
se arms jou omvou soos in n omhelsing,
die helder sterre al is wat die donker veld verlig,
‘n Jakkals se veraf roep en… antwoord, al is wat jou geselskap hou,
die stuifrook van ‘n stadig brandende hardekoolstomp jou oё laat traan…
dan weet jy,
Jy… alleen … bestaan.
Drink dan ‘n heildronk op die lewe,
uit ‘n ou ingeduikte blikbeker,
want wie het dan kristal of glas nodig,
om ‘n gebroke mens te wees

© F Jansen van Vuuren




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed