Jongste aktiwiteit:

My alles

Ek begin met ‘n sin
‘n hoofletter A
ek vasualiseer ‘n laning bome
waardeer die sonlig ritmies flits

‘n letter L
ek soek jou teen die duistere rante
waar die wind fluist’rent bely
verflenter en verwaai, en ek vra myself
Waarom?

Nog ‘n nuwe sin met die letter L
‘n stormwind se golwegloed
wat in die lug ver-weg kwyn
in die verlore-gebroke sig
klingel emosies in versteende grafte kil

Voorlaaste sin met ‘n letter E
gepluk
gestroop
lê op ‘n hoop beloftes wyd en oop

Laaste sin eindig met ‘n S
in die krul van my hand
lê jou wintershart
wat in gister se trane brand
want jy was my lewe my ALLES




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed