Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Mountain Splendour Oord.

Deur Palet
Datum gepubliseer: 7 Augustus 2019 Aantal woorde: 573 64 Kere gelees 2

Dit is winter vakansie en Peet en sy suster Ina kan nie wag om hulle tasse te pak nie. Hulle is vreeslik opgewonde, dit gaan die lekkerste vakansie nog ooit wees. Hulle ouers het ‘n hut hoog bo in die Drakensberg geboek vir drie weke lank, waar die sneeu dig lê. Vroeg die volgende oggend vertrek hulle, dit is omtrent so vier ure se ry tot by hulle bestemming.

“Kinders, luister nou baie mooi wat ek vir julle gaan sê, ons gaan nie heeldag loop en soek na julle nie. Die berge is toe gesneeu en is ook baie gevaarlik om sonder ‘n gids daar te loop. Peet jy is die oudste en ons verwag van jou om ten alle tye na die veiligheid van jou suster en jouself om te sien. Wees asseblief verantwoordelik, en moenie op julle eie gaan ronddwaal nie.”

“Ek belowe pa, ons sal versigtig wees.”

Teen laatmiddag arriveer hulle by die hut, dis is asemrowend mooi die natuur, berge, sneeu, blou-blou lug en die hope vars lug slaan hul asems weg. Daar is ‘n paar hutte en ook ‘n groot restaurant, kinders gooi mekaar speel-speel met sneeuballe en ander vermaak hulle met allerhande ski aktiwiteite. Binne in die hut is dit snoesig warm, ‘n kaggelvuur brand heerlik in die sitkamer. Rita maak gou vir haar man en kinders elkeen ‘n stomende beker koffie.

Peet loer deur die venster en sy oog vang ‘n blonde kop meisie. Dit is nou reeds ‘n week wat hulle daar is, die weer het effens bedaar en hulle gaan vandag by ‘n instrukteur paar ski lesse kry. Die groep mense het baie pret gehad. Na ‘n groot geskukkel kon Ina darm op haar ski’s bly, sy het stadig teen die helling afgegaan met die gids kort agter haar. Peet het intussen met die blondekop meisie vriende gemaak, sy is pragtig en sy hart klop wild in sy borskas.

Vroeg die volgende oggend kom klop sy aan Peet hul se deur, sy nooi hom en sy suster vir ontbyt in die restaurant. Na ete loop hulle na die kabelkarretjie toe, die wind het effens bedaar en dit is veilig om hoër teen die berg op te gaan. Teen die tyd wat hulle amper heelbo is onthou Peet dat hy nooit vir sy ouers ‘n sms gestuur het nie om hulle te verwittig van die uitstappie nie. Soos die noodlot dit bepaal, kom daar intussen ‘n stormsterk wind op. Hulle kan niks sien nie en is genoodsaak om in die kabelkar-huisie skuiling te gaan soek. Dit is reeds donker en nog steeds kan hulle nie afgaan nie, die gids probeer almal kalm hou deur op sy kitaar te speel.

“Peet, mamma hul gaan bekommerd wees oor ons, ons moes al lankal by die hut gewees het.”

“Jammer sus, ek het vergeet om hulle te laat weet, maar ek is seker teen die tyd is hulle al ingelig dat daar mense bo in die berg gestrand is. Ons moet net bid dat ons mŏre weer kan afgaan, ek wil nie nog ‘n nag in die koue slaap nie.”

Die temparatuur daal daardie nag tot -10 grade, dit het vir Ina gevoel sy gaan dood. Hulle is die volgende dag met ‘n helikopter na veiligheid geneem, Peet en Ina was nog nooit so bly om weer met hulle ouers verenig te word nie. Trane van blydskap en skok het vrylik oor hul wange gerol.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    7 Augustus 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 350
Kommentaar telling: 349

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 96 gaste aanlyn

Bydrae Totale