Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Môre is nie belowe

Deur Woordwewer
Datum gepubliseer: 11 Desember 2017 Aantal woorde: 137 247 Kere gelees 2

Waar die see se vlak branders dans
in die lig van die middernag glans
droom ek van jou wat my styf vashou
en ek glo dat die droom
in die sonsopkoms steeds sal aanhou

want môre is nie belowe
en ons almal leef met gister se rowe

maar ons weet dat die son elke dag opkom
en dat die maan aanhou glimlag, so skaam
Ek droom dat jy my styf vashou
en ek vertrou dat my droom
na sonsopkoms steeds sal aanhou

want môre is nie belowe
en ons almal leef met gister se rowe

glimlag maan, glimlag skaam
wyl jou lig my gesig sag omraam
Ek wens dat ons nou kon dans
onder die lig van die maan
se middernag glans

want môre is nie belowe
en geluk is nie vir almal beskore




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. Vonnie

      Desember 12, 2017

      Dankie dat jy ook hier drome om die kompetisie weef.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 75
    Kommentaar telling: 43

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 2,939 gaste aanlyn

    Bydrae Totale