Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Mond Geraas

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 1 April 2020 Aantal woorde: 57 35 Kere gelees 1

Gemaak om te maal
getand, rand op rand
ontbloot waarde
in spiere
krag.

Sagte middel kant
tong, wange omvou
vermeng die Konings
voedsel
bron.

Blaas wind
oor stil spiertjies
wat argeloos tril
in onophoudelike geklets
uit hierdie
grot.

Ons luister na
eie stories
in ander se verhale
wat herhaal, herhaal…

net in stille samesyn
lê die werklikheid.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 224
Kommentaar telling: 10

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 73 gaste aanlyn

Bydrae Totale