Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: MOENIE MOED OPGEE NIE!

Deur Vonnie
Datum gepubliseer: 10 Oktober 2019 Aantal woorde: 177 73 Kere gelees 3

VERS 1

Daar word gepraat
van ‘n doodloopstraat,
maar wat jou nie
sonder uitsig laat.
‘n Doodloopstraat
is bloot ‘n omdraai, maat.
Jou idiaal
kán jy behaal.

KOOR

Moenie moed op gee nie,
met elke tree nie. . .
Jy sal daar kom,
ja, jy sál daar kom!
Moenie moed opgee nie,
met elke tree nie. . .
Jy sal daar kom,
ja, jy sál daar kom!

(Ná laaste vers, herhaal x 2:
Jy sal daar kom,
ja, jy sál daar kom!)

INSTRUMENTEEL

VERS 2

Die doodloopstraat
was net ‘n doodloopstraat,
nie die einde van die wêreld nie!
Soms glyend glad,
maar sien die pad
daar voor jou blink
en virjou wink.

KOOR X 1

INSTRUMENTEEL

VERS 3

Gaan om die draai,
moenie afwyk nie.
Uit rigting swaai,
na agter kyk nie.
Jou oë gerig
op die vergesig.
‘n Barshou kyk
en jou doel bereik!

KOOR X 2

Liedjieskrywer en sanger: Yvonne de Kock
Agtergrondsanger: Johann de Kock

(Kopiereg voorbehou)




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 7
Kommentaar telling: 0

Ek is allereers die trotse skrywer van Afrikaans, my pragtige moedersknie-taal! 'n Gepubliseerde vryskutjoernalis met artikels in van ons Afrikaanse tydskrifte soos Huisgenoot, Sarie, Vrouekeur en Rooi Rose. Ook digter,  liriekskrywer en komponis. Dus liedjieskrywer van my eie, sowel as ander se gedigte en lirieke en hartstogtelik lief vir musiek en sang. Ek geniet myself gate uit met die skryf van rubrieke, skryf ook verhale en maak ook so nou en dan keel skoon by wyse van 'n lekker ou gorreltjie. En o ja! Na baie, baie jare as skrywer, het ek uiteindelik drie boeke die lig laat sien en is ek nie 'n bietjie trots nie! My biografie Daar huil 'n kind in my, Rubrieke sonder brieke en Gedigte op die vleuels van musiek. Daar...genoeg. Nou moet ek verder aan die skryf kom!

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 127 gaste aanlyn

Bydrae Totale