Moeder
‘n geskenk van God is ‘n moeder sowaar
kinders het sy, met liefde, vir manlief gebaar
die grootmaak is soms lekker, soms so swaar
ons sal haar tere liefde, in ons harte bewaar
sou daar fout wees, sal moeder weet
hoe die probleem, nou eindlik heet
sy het mos oë, van voor en agter
sy is dan ons eie kinderwagter
sou als deurmekaar wees, sal moeder weet
hoe om te doen, deur die dag se sweet
sy het mos twee paar arms, twee paar bene
prakties is dit oral, in die gene
sou die hongerpyne knaag, sal moeder weet
hoe om aanmekaar te slaan, kook kos en beet
‘n plan om te eet, sal sy altyd maak
haar kook kuns, val in almal se smaak
sou ons ‘n ander moeder soek, sal moeder weet
sy is die een,wat ons nooit nie kan vergeet
‘n Moeder eg, in durf en daad, sy is altyd getrou
ons dank die Vader, hy het haar met liefde gebou
dankie vir jou
Kopiereg © Wilfred(Willy) Funchal